Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Chiefs skok Crusaders in Hamilton

Hoe op aarde het die Chiefs Saterdag daarin geslaag om die Crusaders, die afgelope drie jaar die Superrugby-kampioen, in Hamilton te klop?

Die Chiefs het teen die verwagting in met 25-15 gewen. Dit nadat hulle teen rustyd met 8-12 agter was, en bloot gelyk het of hulle gelukkig was om nie verder agter te wees nie.

Die Crusaders se George Bridge loop hom Saterdag vas teen Damian McKenzie van die Chiefs. Foto: Getty Images

Met ’n kookwater-David Havili aan die spits, het die Crusaders in die eerste helfte net te veel vrae aan die Chiefs gevra.

Havili het met slim skoppies, goeie aangeë en ’n oog vir ’n gaping sy span op die voorvoet geplaas.

Dit het natuurlik gehelp dat die Crusaders se vaste vyf die oorhand in die skrums en die lynstane gehad het. Dit het balbesit beteken – en daarmee is die wêreld omtrent jou speelplek.

Kort ná rustyd het Havili wel ’n blaps begaan wat tot die Chiefs se tweede drie gelei en die tuisspan die eerste keer die voortou laat neem het. Teen hierdie tyd het die Chiefs begin spoed optel en geglo ’n oorwinning is binne hul bereik.

Damian McKenzie, wat sowat ’n jaar langs die kantlyn was met ’n besering, het in die tweede helfte ’n al hoe groter invloed op die wedstryd gehad.

Toe het die Chiefs se voorspelers eindelik wakker geskrik en die Crusaders laat les opsê by die afbreekpunte, met Lachlan Boshier die groot breker.

* Puntemakers:

Chiefs 25 (8): Drieë: Solomon Alaimalo, Te Toiroa Tahuriorangi, Sean Wainui. Doelskoppe: Aaron Cruden (2). Strafdoele: Cruden (2).

Crusaders 15 (12): Drieë: Sevu Reece (2). Doelskoppe: David Havili. Strafdoel: Havili.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Crusaders  |  Superrugby  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.