Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Chiefs skrik laat wakker teen Blues

Die afgelope paar dae was die groot besprekingspunt hoe die Chiefs onder Warren Gatland se afrigting in die Superrugby-reeks sal vaar, maar in die eerste wedstryd van die seisoen het ’n All Black sy kollig vir 40 minute lank gesteel.

Die Chiefs het Vrydag hul Superrugby-seisoen op ’n hoogtepunt begin deur die Blues met 37-29 in Auckland te klop – dít nadat die wenspan rustyd met 5-19 agter was. Maar Gatland se span moes bloed sweet vir daardie sege.

Aaron Cruden, ná ’n klompie seisoene terug in Nieu-Seeland, probeer Vrydag verby ’n speler van die Blues kom. Foto: Getty Images

Die Blues se Rieko Ioane, wat verlede seisoen ’n koue skouer by die All Black-keurders gekry het, was witwarm in die eerste helfte en het draaie om die Chiefs se agterspelers gehardloop.

Die Chiefs het in die eerste helfte erg gesukkel in die skrums en boonop ’n spul hanteerfoute begaan. Voeg daarby ’n oortreding of twee by die afbreekpunt en jy weet hoekom die Blues in die eerste helfte op die voorvoet was.

Dit help natuurlik dat die tuisspan die pas van die wedstryd bepaal het en nie bang was om met vinnige ingooie by lynstane te waag nie.

Maar die Chiefs, wat aanvanklik goed verdedig het, se lakwerk in die middelveld was boonop verdag – en die Blues het dit geweet én uitgebuit in die gedaante van Ioane, wat twee keer gaan druk het.

Maar almal weet Gatland, lank Wallis se breier, is geen groentjie daarmee om die beste uit spanne te haal nie.

In die tweede helfte, met die plaasvervangers Aaron Cruden en Anton Lienert-Brown op die veld, het Gatland se span beter rekenskap van homself gegee deur die voordeellyn aan te val en onnodige foute uit te sny.

Boonop het die Chiefs se haker, Samisoni Taukei’aho, net ná die kort ruskans vir water sy tweede drie gedruk – weer soos die eerste van ’n maalbeweging.

Kort voor lank was sake met 26-elk gelykop, met enige span wat kon gewen het. Maar teen die einde het die Chiefs net te veel petrol in hul tenk gehad.

Die wenspan se flank Lachlan Boshier verdien ’n medalje vir die werk wat hy by die afbreekpunte gedoen het.

* Puntemakers: Chiefs 37 (5): Drieë: Samisoni Taukei’aho (2), Pita Sowakula, Aidan Ross, Solomon Alaimalo. Doelskoppe: Aaron Cruden (3). Strafdoel: Cruden. Skepdoel: Cruden.

Blues 29 (19): Drieë: Tony Lamborn, Rieko Ioane (2), Karl Tu’inukuafe. Doelskoppe: Stephen Perofeta (3). Strafdoel: Harry Plummer.

Meer oor:  Blues  |  Warren Gatland  |  Superrugby  |  Chiefs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.