Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Chiefs ‘teiken’ wedstryd teen Stormers

Die Stormers besef die Chiefs “teiken” Saterdag se Superrugby-wedstryd op Nuweland vir ’n sege omdat hulle aanstaande week die Haaie sonder hul voorste All Blacks sal moet aandurf.

Paul Feeney. Foto: Gallo Images:

“Vir die Chiefs is dit ’n geweldige belangrike wedstryd. Dis welbekend in Nieu-Seeland dat etlike All Blacks die wedstryd teen die Haaie gaan misloop om ’n kamp by te woon. Hierdie is die grootste wedstryd van die Chiefs se toer,” sê die Stormers se Nieu-Seelandse hulpafrigter, Paul Feeney.

Daardie lys van spelers sluit in die losskakel Damian McKenzie, die senter Anton Lienert-Brown, die slot Brodie Retallick en die flank Sam Cane.

Met die uitspeelwedstryde in gedagte is hierdie boonop ’n groot wedstryd. Indien dié spanne nie hul groepe wen nie, verskuif die fokus daarna om iewers tussen vierde en agtste op die algehele puntelys te eindig.

Sowel die Stormers as die Chiefs beklee die vierde plekke in hul groepe. Die Kiwi’s het egter 27 punte agter hul name na slegs 9 wedstryde. Die Stormers het reeds 11 keer opgedraf en het 22 punte.

“Ons spanne is baie naby aan mekaar in die Suid-Afrikaanse groep. Ek dink enigiemand kan nog die eerste plek behaal,” sê Feeney.

“Ons sal sien hoe dit met die Leeus gaan. As hulle verloor, is dit 6 seges en 6 nederlae vir hulle. Die Highlanders (die Leeus se teenstanders Saterdag) is boonop nog onoorwonne op hul tuisveld. Ons moet vorentoe ook nog teen die Leeus, Haaie en Jaguares (almal in die Stormers se groep) speel.”

Die Stormers het wel ’n steil bult om te klim. Hulle het die Chiefs verlede jaar in puik ligawedstryd op Nuweland met 34-26 geklop.

Dillyn Leyds se ongelooflike aangee van agter sy rug om vir SP Marais ’n drie te skep, is vir Stormers-ondersteuners ’n blywende herinnering van die ligawedstryd.

Die span het egter in die kwarteind met 11-17 teen die Chiefs verloor.

Marais se terugkeer na die Stormers se beginspan verlede week nadat hy gerus is vir die kragmeting met die Rebels, is ook deur Feeney verwelkom.

“Ek het voor die wedstryd vir hom gesê moenie vandag dink nie. Sy antwoord was dat hy nie sal nie. Hy speel op instink,” sê Feeney.

“SP dink ek is goed genoeg om internasionale rugby te speel. Sy vaardighede is baie goed. Hy was ’n trekvoël wat nooit sy niche kon vind nie. Ek ken nie baie mense wat so ver soos SP met sy linkervoet kan skop nie en strafdoele van 60 meter kan oorklits nie,” sê Feeney.­

* Intussen het die Westelike Provinsie se direkteur van rugby, Gert Smal, bevestig dat hy ’n versoek aan sy eweknie by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rassie Erasmus, gerig het om vandeesweek die dienste van die losskakel Damian Willemse te behou.

Die plan was vir Willemse om by die Junior Springbokke in te skakel.

“Chean Roux (die Junior Bokke se afrigter) het vir Fleckie (die Stormers se hoofafrigter) gekontak en laat weet dat ons vir Damian kan gebruik,” sê Smal.

“Rassie het baie goeie verhoudings met die afrigters en spelers gebou. Dis goed vir Suid-Afrikaanse rugby en ons is dankbaar.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Paul Feeney  |  Nuweland  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.