Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Covid-19 tref ook Superrugby in Japan
Tier Schoeman van Honda Heat gaan oor om te druk teen die Canon Eagles vroeër vandeesmaand in Japan.Foto: Getty Images

Die Superrugby-wedstryd tussen Sunwolves en die Brumbies in Osaka gaan geskuif word as gevolg van die uitbreking van die Covid-19-virus in Japan.

Sanzaar, die beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond, het Donderdag in ’n verklaring gesê weens die internasionale aard van sy kompetisie moet hy noodgedwonge sekere maatreëls instel om die gevaar wat Covid-19 inhou soveel as moontlik te beperk.

“Sanzaar se grootste bekommernis is die Sunwolves se tuiswedstryde wat in Japan en Singapoer geskeduleer is. Sanzaar is ingelig dat die Japannese regering versoek het dat alle sportbyeenkomste die volgende twee weke in die land gekanselleer word. Dit sluit die wedstryd tussen die Sunwolves en die Brumbies in, wat vir 8 Maart in Osaka geskeduleer is.”

Luidens die verklaring sal Sanzaar nou met alle belanghebbendes vergader en probeer vasstel of dié wedstryd elders gespeel kan word.

Conraad van Vuuren, wat sy rugby vir Sunwolves speel.Foto: Getty Images

Intussen het die Sunwolves se Suid-Afrikaanse stut, Conraad van Vuuren (24), laat weet dat dit vir hom bitter sleg is om aan daardie kant (Japan) van die wêreld te sit met sy familie so ver van hom af.

“Hoewel ons rustig hier is, het die realiteit ons nou getref. Covid-19 het nou ’n baie groot storie in Japan geword,” sê Van Vuuren.

Hy sê omdat die Japannese oor die algemeen baie gesondheidsbewus is, loop seker 90% van hulle met gesigsmaskers rond.

“Dit het egter die week toegeneem, met al hoe meer mense wat met maskers gesien word. Ek wil glo dit is maar dieselfde soos in ander lande waar die virus ook gediagnoseer is.

“Ons is ingelig dat die wedstryde in Japan gekanselleer is, maar ons wag nog om te hoor waarheen dit geskuif gaan word,” sê Van Vuuren.

Nog ’n Suid-Afrikaner wat sy brood en botter in Japan verdien, die losvoorspeler Tier Schoeman (27), sê dis moeilik om te weet hoe ernstig die situasie rêrig in Japan is.

Ons hoor en sien baie goed op sosiale media, maar ons weet nie wat is waar of wat is nié.
Tier Schoeman

“Ons hoor en sien baie goed op sosiale media, maar ons weet nie wat is waar of wat is nié,” sê Schoeman.

* Meer as 82 000 mense het al wêreldwyd Covid-19 opgedoen en meer as 2 800 het al as gevolg daarvan gesterf.

* Bykomende bron: TeamTalk

Meer oor:  Tier Schoeman  |  Japan  |  Covid-19  |  Rugby  |  Superrugby  |  Krisis  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.