Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders behou naam... vir eers

Die Crusaders se rugbyspan sal straks ’n U-draai maak en tot tyd en wyl die franchise se beroemde naam behou vir die Superrugbyreeks.

Matt Todd van die Crusaders staan langs ’n banier van die Crusaders se Superrugbytruie vir 2019. Foto: Getty Images

Die suksesvolste span in die Superrugbyreeks het Vrydag aangekondig dat hy nie, soos voorheen bespiegel, sy naam sal verander nie, maar dat hy wel veranderinge aan sy logo gaan aanbring van ’n ridder wat sy swaard swaai.

Dit volg na twee skietvoorvalle in moskees in Maart in Christchurch.

Die skietery op 15 Maart het 51 lewens geëis waarna talle versoeke ingedien is om die Crusaders se naam te verander, wat geassosieer word met die geloofsoorlog tussen Christene en Moslems in die Middeleeue.

Die span wat vroeër vanjaar hul derde agtereenvolgende titel verower het, sê dat hulle dit vorentoe moontlik weer sal heroorweeg. Die span gaan wegdoen met sy logo, maar weens lisensiëringsooreenkomste sal hulle nie aan die Crusaders-naam kan verander nie.

Dit kan egter in 2021 weer verander wanneer die Superrugby-reeks ’n nuwe formaat aanneem en net 14 spanne sal deelneem. ’n Nuwe uitsaai-ooreenkoms tree dan ook in werking.

“Ofskoon die hooffokus van die handelsnaam se oorsig nie die klub se naam was nie, het hulle oorweeg om na ander opsies vir name te kyk wat die klub se identiteit en storie beter sal weerspieël,” het die Crusaders luidens ’n verklaring gesê.

“Daar is eindelik besluit dat geen naam die klub se toewyding en waardes beter verteenwoordig – om te veg vir maatskaplike verbetering en insluiting en om te veg met hart vir ons gemeenskap en vir mekaar – as wat die Crusaders doen nie.”

Die span sal die nuwe logo wat op sy trui gaan verskryn in 2020 bekend stel.

’n Nuwe Maori-geïnspireerde logo met die Crusaders se naam is Vrydag op Nieu-Seeland se Kantoor vir Intellektuele Eiendom se webblad gepubliseer.

Colin Mansbridge, uitvoerende hoof van die Crusaders, sê die nuwe logo, ’n gestileerde rooi en swart “C” verteenwoordig die hele streek en nie net Christchurch nie. Volgens hom weerspieël dit ook die Maori-erfenis van die Suid-Eiland.

“Ons glo die logo wat ons vandag bekend gestel het is ’n gepaste verteenwoordiging van die span, organisasie en al sy ondersteuners.”

Meer oor:  Christchurch  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.