Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders besef ‘mense hou niks van ons’
Die gevierde afrigter Scott Robertson vier die Crusaders se Aotearoa-titel met sy kenmerklike briekdans. Foto: Getty Images

Superrugby se beste span, die Crusaders, besef hul sukses maak hulle ongewild, maar meen hul kritici moet hulle minstens respekteer.

Die Crusaders het die Chiefs Saterdag in die Nieu-Seelandse Aotearoa-eindstryd in Christchurch met 24-13 geklop vir hul vyfde agtereenvolgende Superrugbytitel.

Die span het in 26 jaar van Superrugby 16 eindstryde gehaal en op 12 geleenthede koning gekraai. Hul oorheersing maak hulle die ongewildste Superspan buite hul franchise-gebied, wat oor die boonste gedeelte van die Suideiland strek.

“Ek besef mense hou niks van ons nie,” sê die Crusaders se afrigter, Scott “Razor” Robertson, volgens Rugby365.

“Maar ’n mens sou hoop ons word gerespekteer vir wat ons vermag het, om vir so lank steeds ywerig te bly en elke dag op te daag. Ek is werklik trots om hierdie span af te rig.”

Robertson, ’n groot gunsteling om die volgende All Black-afrigter te word, sê hoewel sy span dalk ongewild is buite die Crusaders-gebied, is sy spelers deurgaans nederig.

“Ons raak miskien baie opgewonde ná wedstryde, maar ons het steeds alle respek vir ons teenstaanders. Die feit dat ons elke week so hard werk, is ’n bewys daarvan,” sê hy.

“Ons moet as ’n span verbeter om aan te hou wen. Ek hou daarvan om te glo dat ons gerespekteer word.”

Die Crusaders vestig nou hul aandag op ’n nuwe trans-Tasmaanse reeks. Hulle pak volgende week die Brumbies, wat Saterdag in die Superrugby AU-eindstryd met 16-19 teen die Reds verloor het.

– Sportredaksie

Meer oor:  Crusaders  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Aotearoa  |  Scott Robertson  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.