Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders blom ná stadige begin

Wanneer spanne die geleentheid kry om die Crusaders te klop en dit nie gebruik nie, moet hulle nie daaroor huil nie.

Die Highlanders het Saterdag in Dunedin op die harde manier geleer dat die Crusaders nie jou speelmaat is nie, toe die besoekers met 40-20 gewen het.

Die Crusaders se Richie Mo'unga beur Saterdag vorentoe met die bal. Foto: Getty Images

Die Crusaders, wat ’n bonuspunt ingesamel het, is steeds onoorwonne in Nieu-Seeland se plaaslike Aotearoa-rugbyreeks en is ná hul sege eerste op die puntelys.

In die eerste helfte het die besoekers ’n paar goeie bewegings uitgevoer en vaardighede ten toon gestel, maar meestal is dit bederf met hanteerfoute of aangeë wat vorentoe was.

Die Highlanders was teen rustyd naelskraap met 14-11 voor en moes geglo het dat ’n oorwinning binne hul bereik was. Hul groot uitblinkers in daardie eerste 40 minute was hul flank Shannon Frizell en skrumskakel, Aaron Smith. Frizell was ’n handvol met die bal in die hand en het sy span se eerste drie gedruk toe hy oor die doellyn gestoomroller het. Hy het ook ’n keer balbesit by die Crusaders gesteel.

Smith het alles op vaart gedoen en weer eens gewys dat hy oor ’n ongelooflike aanvoeling beskik. Toe sy spanmaats nie ’n lynstaanbal kon bemeester nie, het hy komkommerkoel die bal agter gevang en op volle vaart doellyn toe genael – wat op sy span se tweede drie uitgeloop het.

Maar almal wat iets van rugby weet, sal jou vertel dat die Crusaders nie sommer ’n span is wat gaan lê nie. In die tweede helfte het hulle aanval op aanval geloods – wat punte moet beteken.

Ná rustyd het die besoekers se slot Sam Whitelock en senter Jack Goodhue ook skielik met meer selfvertroue die bal begin dra. Voeg daarby Richie Mo’unga, wat straks die grootste uitblinker was, en jy weet hoekom die Crusaders gewen het.

Mo’unga was rotsvas onder die hoë bal en het by geleentheid ’n seker drie gekeer met ’n duikslag toe die Highlanders slegs meters van die besoekers se doellyn was.

Hoewel die Highlanders sal voel hulle het ’n wenkans deur hul vingers laat glip, was hul verdediging veral in die eerste helfte goed. Maar, weet hulle ook nou, wedstryde is 80 minute lank.

Puntemakers:

Crusaders 40 (14): Drieë: Will Jordan (2), Tom Christie (2), Sevu Reece. Doelskoppe: Richie Mo’unga (3). Strafdoele: Mo’unga (3).

Highlanders 20 (17): Drieë: Shannon Frizell, Ngane Punivai. Doelskoppe: Mitch Hunt (2). Strafdoele: Hunt (2).

Meer oor:  Highlanders  |  Crusaders  |  Aotearoa-Reeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.