Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders breek lansie vir Stormers

Scott Robertson, afrigter van die Crusaders, was vol lof vir die Stormers ná Saterdag se gelykopstryd van 19-elk in die Superrugby-wedstryd op Nuweland.

“Ek het gedink ons het genoeg gedoen om die wedstryd te wen met van die bresse wat ons geslaan het, maar die Stormers se verdediging was ongelooflik en ’n spieëlbeeld van die ongelooflike energie binne die stadion en die skare,” het Robertson Saterdagaand gesê.

“Die Stormers verloor nie dikwels op Nuweland nie en hierdie wedstryd het weereens gewys hoe moeilik dit is om hierheen te kom en te wen.”

Hy meen die Stormers se sterk begin het ’n groot rol gespeel.

Siya Kolisi vier sy drie en word deur Damian Willemse geluk gewens. Foto: Gallo Images

“Dit het die skare agter die Stormers gekry en die kere wat ons in ruimte was, het hulle ongelooflik goed gedoen om vinnig terug te val en ons te stuit,” sê hy.

“Die Stormers het met hul harte gespeel en hulle senior spelers het uitgestaan. Hulle het 22 lynstane gewen en speel baie goed na hul sterkpunte.”

Met die uitsondering van hul gebrekkige aanvallende spel, dui Sanzaar se statistieke daarop dat die Stormers oorheers het.

Hulle het in 20 lynstane slegs een keer besit afgestaan, terwyl die Crusaders twee van hul 13 verloor het. In die skrums het die Stormers al drie op hul ingooi gewen en die Crusaders een uit sewe verloor.

Die Stormers het slegs agt strafskoppe afgestaan teenoor die Crusaders se 13 en het 53% van die balbesit gehad.

Die Stormers het baie energie uit ’n passievolle skare geput. Foto: Gallo Images

Van daardie 53% was 39% in die Crusaders se helfte en 14% in hul eie gebied. Op hul beurt het die Crusaders net 14% van hul speelwerk in die Stormers se gebied gedoen.

Die Kiwi’s se drie drieë teenoor die Stormers se een dui daarop dat die Nieu-Seelanders hul kanse beter benut het. Hulle het ook net 2% van hul speelwerk in die Stormers se kwartgebied gedoen, teenoor die Kapenaars se 11% aan die ander kant.

Die Crusaders het meer verdedigers geklop (27-18), meer bresse geslaan (8-6) en met meer drukaangeë geslaag (13-8).

Robertson meen die Stormers sal móét leer om meer drieë te druk om al die pad te kan stap in dié reeks.

“Dis ’n deel van die Stormers se spel waaraan hulle skaaf. Hulle kan pale toe skop om in wedstryde te bly. Alle voorspoed aan Fleckie (Robbie Fleck, die Stormers se afrigter) en Paul Feeney (die Stormers se afrigter van vaardighede). Ons ken hulle goed en dis goeie ouens. Dis ’n groot uitdaging om in die Kaap af te rig, en hulle stort hul harte en siele daarin.”

Eben Etzebeth was ’n reus in die lynstane vir die Stormers. Foto: Gallo Images
’n Oomblik van diep teleurstelling vir Damian Willemse nadat hy die bal aanslaan toe hy die geleentheid op ’n wendrie gehad het. Foto: Gallo Images
Pieter-Steph du Toit ontvang sy toekenning as Speler van die Wedstryd. Foto: Gallo Images

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Scott Robertson  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.