Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders klou vas teen Brumbies

Met die wedywering tussen Nieu-Seelandse en Australiese spanne wat die naweek hervat het, is dit duidelik dat nie veel in die Superrugbyreeks verander het sedert ’n jaar gelede nie.

Saterdag se wedstryd tussen die Crusaders en die Brumbies was ’n taai affêre. Foto: Getty Images

Die Crusaders het die Brumbies in die Trans-Tasmaanse reeks Saterdag in Christchurch met 31-29 geklop nadat hul Kiwi-landgenote, die Highlanders en die Chiefs, Vrydag onderskeidelik gemaklik met die Reds en die Waratahs afgereken het.

Maar moenie ’n fout maak nie, die Brumbies het hulself veral in die tweede helfte laat geld en byna ’n gelykopuitslag in die doodsnikke afgedwing.

Die tuisspan was met minder as twee minute se speeltyd oor weens swak dissipline tot slegs 13 spelers beperk.

Die besoekers het munt hieruit geslaan om te gaan druk en hul Wallaby-losskakel, Noah Lolesio, ’n geleentheid te bied om met ’n moeilike doelskop sy span van ’n nederlaag te red.

Ongelukkig vir die Aussies het hy naelskraap met sy poging misluk, maar die Brumbies het beslis aangekondig dat hulle ’n mededinger in die reeks gaan wees.

Kyk gerus na die hoogtepunte hieronder:

Puntemakers:

Crusaders 31 (19)Drieë: Ethan Blackadder, Richie Mo’unga, David Havili, Brendon O’Connor, Cullen Grace. Doelskoppe: Mo’unga (3).

Brumbies 29 (7)Drieë: Scott Sio, Irae Simone, Tom Banks, Rob Valetini. Doelskoppe: Noah Lolesio (3). Strafdoel: Lolesio.

Meer oor:  Brumbies  |  Crusaders  |  Trans-Tasmaanse Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.