Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
KYK: Crusaders koning op dag van mylpale
Sam Whitelock het Saterdag sy 150ste wedstryd vir die Crusaders gespeel. Foto: Getty Images

Die Crusaders het die Chiefs Saterdag in ’n effe omstrede Aotearoa-wedstryd in die FMG-stadion in Waikato, Hamilton, met 32-19 geklop.

Nieu-Seeland se suksesvolste Superrugby-franchise is terug op die wenpad nadat hy vyf drieë aangeteken het teenoor die Chiefs se een.

Die tuisspan sal redelik gegrief voel weens ’n paar twyfelagtige beslissings wat sy kans vir ’n eerste oorwinning hierdie seisoen in die wiele gery het.

Aan Sevu Reece is met 12 minute se speeltyd oor ’n omstrede drie toegeken nadat die bal in die aanloop na die vyfpunter duidelik vorentoe gegaan het.

Dit het die telling op 27-19 te staan gebring en die Chiefs kon daarna nooit ten volle herstel nie, hoewel hulle in die doodsnikke ’n paar keer naby daaraan gekom het om nog punte aan te teken.

Die Crusaders het een hand op die trofee en sit boaan die puntelys van Nieu-Seeland se plaaslike Superrugbyreeks met slegs twee rondes oor.

Saterdag se nederlaag was die Chiefs se agtste agtereenvolgens.

Die Crusaders-slot Sam Whitelock het sy 150ste wedstryd vir dié span gevier, terwyl die losskakel Aaron Cruden sy 100ste verskyning vir die Chiefs gemaak het.

Puntemakers:

Chiefs 19 (10) – Drie: Lachlan Boshier. Doelskop: Damian McKenzie. Strafdoele: McKenzie (4).

Crusaders 32 (17) – Drieë: Tom Sanders, Will Jordan, Codie Taylor, Sevu Reece, Leicester Faingaanuku. Doelskoppe: Richie Mo’unga (2). Strafdoel: Mo’unga.

– Sportredaksie

Meer oor:  Crusaders  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Aotearoa  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.