Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders kraai koning in Kiwi-derby
Braydon Ennor op pad om een van die Crusaders se vyf drieë teen die Highlanders te druk. Foto: Getty Images

Dit het Vrydag gelyk of verskeie spelers van die Crusaders met rustyd van hul Superrugbywedstryd teen die Highlanders hulle hande in botter gaan druk het.

As dit nie vir ’n hele rits hanteerfoute in die tweede skof was nie, sou die Crusaders hul kragmeting teen die Highlanders in Christchurch veel verder gewen het.

Die tuisspan was nogtans te goed vir die besoekers en was met 33-13 baas.

Daar was tye in die eerste helfte dat dit gelyk het of die Highlanders ’n baie groter pakslae sou kry. Hulle was met rustyd al met 8-26 agter.

Toe hul een flank, Shannon Frizell, boonop vroeg in die tweede helfte met ’n geelkaart afgestuur is, het dinge lelik gelyk.

Die Crusaders se bottervingers het hulle egter in die tyd wat Frizell van die veld af was van meer punte beroof.

Toe Frizell terugkeer na die veld was dit ook asof die Highlanders met nuwe geesdrif gespeel het.

Hulle het die volgende 20 minute oorheers, maar die punte het skaars gebly.

Rob Thompson van die Highlanders kry nie deurkomkans teen die Crusaders in Christchurch nie. Foto: Getty Images

Die Crusaders het kort voor die einde hul enigste drie van die tweede helfte gaan druk om darem net te wys hulle het nie vergeet hoe dit gedoen word nie.

Dit was die plaasvervanger-losvoorspeler Sione Havili wat toe oorgebars het na daar vanuit ’n lynstaan gedryf is.

Onder die wenspan se uitblinkers het die heelagter David Havili, senter Jack Goodhue en agtsteman Tom Sanders getel.

Aaron Smith, die Highlanders se All Black-skrumskakel, het ’n wisselvallige wedstryd beleef.

Hy het soos altyd die bal skitterend uitgegee, maar sy taktiese skopwerk was hierdie keer teleurstellend.

Hy het dalk twee drieë met vrot steekskoppies weggegooi.

* Puntemakers:

Crusaders 33 (26): DrieëCodie Taylor, Tom Christie, Braydon Ennor, George Bridge, Sione Havili. Doelskoppe: David Havili, Bryn Hall (2), Mitchell Drummond.

Highlanders 13 (8): DrieëMichael Collins, Jonah Nareki. Strafdoel: Josh Ioane.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Highlanders  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.