Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders ontken homofobie

Die Crusaders ontken dat drie van hul spelers Saterdag in ’n onderonsie by ’n kitskosrestaurant in Kaapstad gay mans gespot en homofobiese uitlatings gemaak het.

Colin Mansbridge, grootbaas van die Crusaders. Foto: Getty Images

Stuff berig die aantygings is gemaak nadat ’n groep Crusaders die McDonalds in Langstraat besoek het ná afloop van die Superrugbykampioen se wedstryd teen die Stormers op Nuweland.

Sommige Crusaders is op sosiale media van “fisiek intimiderende” gedrag beskuldig, asook homofobiese uitlatings, dat hulle slap-gewrig-gebare gemaak het en met hoë stemtone gepraat het.

Die Crusaders het Maandag bevestig hulle is bewus van die aantygings.

“Mense beweer op sosiale media daar was ’n onderonsie tussen lede van die publiek en ’n groep Crusaders-spelers wat uitgegaan het vir iets te ete. Volgens die oorspronklike plasing het die spelers glo homofobiese gedrag getoon,” sê die Crusaders in ’n verklaring.

“Die drie spelers, spanbestuur en die Suid-Afrikaanse veiligheidsbeampte wat saam met hulle was, ontken die aantygings op sosiale media ten sterkste. Hulle is platgeslaan deur die bewerings en die implikasie van homofobiese gedrag.”

Volgens Colin Mansbridge, die Crusaders se uitvoerende hoof, is die franchise “toegewyd tot inklusiwiteit”.

“Dit is wat hierdie aantygings veral ontstellend maak,” sê hy.

“Ek sal weens die ernstige aard van die kwessie met die spelers en spanbestuur vergader met hul terugkeer na Christchurch. Ek is egter vol vertroue die spelers en die veiligheidsbeampte se weergawe van gebeure is akkuraat.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Stormers  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Homofobie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.