Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders sweet vir oorwinning
Die Crusaders-haker Codie Taylor nael Vrydag doellyn toe op pad vir sy uitstekende drie. Foto: Getty Images

Moenie dat die eindtelling jou mislei nie.

Hoewel die Crusaders Vrydag in Dunedin die Highlanders in hul Superrugby Aotearoa-wedstryd met 26-13 geklop het, moes die besoekers swoeg en sweet vir hul oorwinning.

Albei spanne het twee drieë in die eerste helfte gedruk, maar die Crusaders het aanvanklik die pas aangegee danksy ’n oorheersende skrum en ’n sterk, ervare pak voorspelers.

Die Highlanders het egter in die tweede helfte meer balbesit en gebiedsvoordeel begin geniet. Hulle het hul kanse gehad en groot druk op die Crusaders uitgeoefen, maar kon net nie die sleutel vind om die verdedigende kampioen se vasberade verdediging oop te sluit nie.

’n Kritieke beslissing deur die televisie skeidsregter toe dit gelyk het asof die senter Sio Tomkinson vir die Highlanders oorgeduik het, was ook ’n keerpunt in die kragmeting.

Die Crusaders het soos oudergewoonte die groot oomblikke gewen, vier goeie drieë gedruk en die Highlanders keer op keer van hul doellyn af weggehou.

Die All Black-losskakel Richie Mo’unga het sy klas gewys deur die wedstryd te beheer, terwyl die vleuel Sevu Reece, slot Sam Whitelock en haker Codie Taylor ook uitstekend vertoon het.

Puntemakers:

Highlanders (10) 13Drieë: Shannon Frizell, Connor Garden-Bachop. Strafdoel: Mitchell Hunt.

Crusaders (14) 26Drieë: Codie Taylor, Bryn Hall, Sevu Reece, Brodie McAlister. Doelskoppe: Richie Mo’unga (3).

– Sportredaksie


Meer oor:  Highlanders  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.