Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders vermink Rebels met 66-0

Ná ’n paar so-so vertonings het die Crusaders Saterdagoggend (SA tyd) weer op sy tuisveld in Christchurch vlamgevat om die Rebels met 66-0 te verpletter.

Ryan Crotty stap op die veld vir sy 150ste Superrugby-wedstryd. Dit was vir hom alte lekker gewees, want die Crusaders het die Rebels met 66-0 afgeransel. Foto: Getty Images

Met die uitspeelrondes van die Super-reeks wat al hoe nader kom, kan ’n mens maar net wonder of enigiemand die briljante Nieu-Seelanders op pad na nog ’n titel sal kan stuit.

Dit was ’n pragvertoning waarmee die Crusaders die Rebels oordonder het. Hulle het soms van hul eie doellyn af aangeval en eindelik 10 drieë gedruk.

Dit was ook ’n spesiale geleentheid vir die Crusaders-senter Ryan Crotty. Hy het in sy 150ste Superrugby-wedstryd gespeel en het dit met ’n skitter-vertoning gevier.

Crotty het sy span se laaste drie reg teen die einde gedruk en toe sommer die doelskop ook oorgesit.

Hier verniel Dane Haylett-Petty en Reece Hodge (links) Braydon Ennor ietwat, maar die Crusaders-linkervleuel het laaste gelag deur twee drieë te druk. Foto: Getty Images

Die wenspan se grootste uitblinker was egter dalk hul losskakel, Richie Mo’uaga.

Sy dwarsskoppe vir sy buite-agterspelers was verstommend goed en het die besoekers moedeloos gehad.

Die Rebels het voor die kragmeting nog gehoop om hul kanse vir die uitspeelrondes met ’n oorwinning lewendig te hou.

Die Australiese span het weliswaar goed begin en het soms gevaarlik gelyk, maar dit was eenvoudig ’n dag waar byna alles vir die Crusaders reg geloop het.

Puntemakers: Crusaders 66 (26): Sevu Reece (3), David Havili (2), Braydon Ennor (3), Bryn Hall, Ryan Crotty. Doelskoppe: Richie Mo’unga (7), Crotty. Rebels 0.

Meer oor:  Rebels  |  Ryan Crotty  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.