Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Crusaders wen in 3de rat teen Blues

Gemeet aan hul hoë standaarde was hulle selde uit derde rat, maar die Crusaders het die Blues steeds oortuigend met 25-8 geklop in Vrydag se Superrugby-wedstryd op Eden Park in Auckland.

Scott Robertson, die kampioenspan se afrigter, sal nietemin ontevrede wees dat sy span nie ’n bonuspunt kon aanteken nie. Hulle het die Blues in die vaste fasette verniel, maar nie al hul kanse klinies benut nie.

Jack Goodhue was vir die Crusaders ’n uitblinker in Vrydag se oorwinning met 25-8 oor die Blues op Eden Park in Auckland. Foto: Getty Images

Benewens die feit dat die Blues tweede gekom het in die skrums en lynstane, was hulle ook ongedissiplineerd. Dit was amper asof die tuisspan nie sielkundig opgedaag het nie.

Die Blues het wel sterk begin en was eerste op die telbord met die slot Patrick Tuipulota se drie. Hulle het egter met die verloop van die wedstryd toenemend middelmatig gelyk.

Terwyl die Crusaders vanjaar gestroop is van die deurwinterde All Black-voorspelers wat dié span die afgelope paar seisoene gekenmerk het, het hulle steeds fisiek oorheers. Agterlangs kombineer spelers soos Richie Mo’unga, Jack Goodhue, George Bridge en Sevu Reece steeds uitstekend.

Die All Black-senter Goodhue was die argitek van die Crusaders se eerste drie, met ’n puik eenhandige aangee na Bridge toe.

Mo’unga het vroeg in die tweede helfte afgerond nadat die Crusaders ritme op die aanval begin vind het.

Goodhue is later vir sy skeppende spel beloon met ’n drie danksy Mo’unga wat die bal in die lug bemeester het.

Daar was 20 minute oor vir die Crusaders om ’n bonuspunt aan te teken, maar ’n kombinasie van hul eie foute en die Blues se aggressiewe verdediging het daardie plan in die kiem gesmoor.

Puntemakers:

Crusaders 25 (11): Drieë: George Bridge, Richie Mo’unga, Jack Goodhue. Doelskoppe: David Havili (2). Strafdoele: Havili (2).

Blues 8 (5): Drie: Patrick Tuipulotu. Strafdoel: Harry Plummer. – Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Blues  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.