Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Curwin Bosch kry sy kans op nr. 10

Curwin Bosch kry Saterdag in Sydney teen die Waratahs uiteindelik sy kans in die Haaie se nr. 10-trui.

Curwin Bosch kry uiteindelik sy kans op losskakel in die Haaie se beginspan. Foto: Gallo Images

Bosch is in Robert du Preez se plek op losskakel gekies vir die Haaie se eerste wedstryd op hul toer in Australasië, met Du Preez wat die plaasvervangersbank sal warm hou.

Robert du Preez sr., die span se breier, het sy kaptein, die skrumskakel Louis Schreuder, ook na die plaasvervangersbank geskuif, met Cameron Wright wat in die nr. 9-trui sal begin.

Die strydros-stut Beast Mtawarira word met die kapteinskap toevertrou.

In die ander skuiwe aan die beginspan wat verlede week teen die Reds verloor het, vervang Thomas du Toit vir Coenie Oosthuizen op vaskopstut, terwyl Jean-Luc du Preez op steelkantflank in Jacques Vermeulen se plek uitdraf.

Agterlangs keer Makazole Mapimpi terug op linkervleuel in Lwazi Mvovo se plek en Lukhanyo Am neem die nr. 13-trui by Kobus van Wyk oor.

Akker van der Merwe is ook terug ná sy skorsing van drie weke en sit op die plaasvervangersbank.

Haaie-span: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Cameron Wright, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Beast Mtawarira (k). PLAASVERVANGERS: Akker van der Merwe, Mzamo Majola, Coenie Oosthuizen, Ruan Botha, Jacques Vermeulen, Louis Schreuder, Robert du Preez, Marius Louw.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.