Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Damian beste op nr. 10, sê Breyton
Die Stormers hoop dat Damian Willemse se speelkans by Saracens van hom ’n beter losskakel in die Superreeks gaan maak. Foto: Getty Images

Die voormalige Springbok-vleuel Breyton Paulse is bly om te verneem die Stormers wil aanstaande jaar vir Damian Willemse hoofsaaklik as ’n losskakel in die Superrugby-reeks aanwend.

Paulse, wat in 64 toetse vir die Bokke 26 drieë aangeteken het, meen die 21-jarige Willemse kan vir Handré Pollard in Suid-Afrika se nr. 10-trui opvolg.

Pollard is wel nog net 25 en die verwagting is dat Willemse aanstaande jaar vir hom en ook vir Willie le Roux op heelagter op hul tone sal hou.

“Ek wil sien dat Damian op toetsvlak tot sy volle reg kom. Hy het al die eienskappe van ’n goeie losskakel en het die potensiaal om by Handré oor te neem,” sê Paulse.

“Damian het vernuf en finesse. As hy goed bestuur word, kan hy as ’n losskakel baie vermag.”

Damian het vernuf en finesse. As hy goed bestuur word, kan hy as ’n losskakel baie vermag.
Breyton Paulse

Willemse is vroeër vanjaar deur die Stormers op heelagter gekies, maar ondanks sy goeie spel daar beskou Paulse dit nie as die regte skuif nie.

“Waarom jou beste speler op heelagter kies?” vra hy.

Willemse is deur die Westelike Provinsie aan die Engelse klub Saracens geleen voordat hy weens ’n besering aan Jesse Kriel na die Springbokke se Wêreldbeker-groep in Japan ontbied is.

John Dobson

John Dobson, die Stormers se afrigter, hoop dat die bietjie speeltyd in die Noordelike Halfrond vir Willemse met taktiese skopvaardighede help toerus het.

Daar is wel ’n goeie kans dat Willemse in die loop van die Superreeks ook die nr. 15-trui kan dra.

“Damian het toe ons by Saracens vir ’n drankie uitgegaan het die kwessie van heelagter speel by my aangeroer. Ons plan is egter om hom as ’n losskakel te kies,” sê Dobson.

Willemse se vaart, visie en fisieke teenwoordigheid maak straks ook van hom ’n speler wat dalk soos Frans Steyn in elke posisie in die agterlyn behalwe skrumskakel sal kan speel.

Die voormalige Springbok-vleuel Breyton Paulse. Foto: Gallo Images

Hy kan dus ’n aantreklike opsie vir ’n Springbok-23-tal wees, veral gegewe dat Steyn se toetsloopbaan op 32 einde se kant toe begin staan. Dit kan die Bokke in ’n posisie plaas om met die strategie van slegs twee agterspelers op die plaasvervangersbank te volhard.

Paulse meen Willemse sal daartoe in staat wees, maar is nie ’n voorstander daarvan om spelers in daardie rigting te ontwikkel nie.

“Damian gaan in die beginspan tot sy reg kom. Hy is ’n goeie losskakel en heelagter, maar as dit moet, stem ek saam dat hy die rol van ’n veelsydige agterspeler kan vervul,” sê Paulse.

“Dink jou egter die situasie in wanneer spelers se fokus daarheen verskuif om ’n veelsydige agterspeler te word. Jou ingesteldheid gaan word om ’n ‘super-sub’ te wees. As ek kyk na Damian se lopies vir die Stormers, wil ek sien dat hy tot sy volle reg kom in sy toetsloopbaan.”

Meer oor:  Damian Willemse  |  Breyton Paulse  |  Kaapstad  |  Stormers  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.