Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Dawie sien bloedrooi oor skeidsregter

Skors die vuiluile, maar moenie van die skeidsregter en sy assistente in Saterdag se Superrugby-wedstryd op Nuweland tussen die Stormers en die Reds vergeet nie.

Dís die siening van die voormalige veelsydige Springbok-agterspeler Dawie Snyman, wat ontstoke was dat die blaser, Marius van der Westhuizen, en die ander wedstrydbeamptes nie die Stormers teen vuilspel beskerm het nie.

Die Reds se kaptein, James Slipper, het ’n drukkie by sy eweknie van die Stormers, Siya Kolisi, gekry ondanks die Aussies se gemene spel in Saterdag se Superrugby-wedstryd op Nuweland. Slipper het sy 100ste wedstryd vir die Reds gespeel. Foto: Gallo Images

Van der Westhuizen se assistente was Egon Seconds en Rasta Rasivhenge, terwyl Christie du Preez die TV-skeidsregter was.

“Die skeidsregter behoort vir ’n jaar geskors te word,” sê Snyman.

“Moet iemand eers sterf voordat daar opgetree word? Die Reds se gedrag was misdadig. Die kuns van die spel word boonop deur sulke snert vermoor. Dis onaanvaarbaar dat spelers aan sulke dinge blootgestel word.”

Die Reds se vaskopstut, Taniela Tupou, is Sondag uitgewys vir ’n skouerloop op die Stormers se regtervleuel, Craig Barry. Dié voorval het voor Van der Westhuizen gebeur sonder dat hy eens ’n strafskop toegeken het.

Daar was later in die eerste helfte ook ’n voorval waar die Stormers se losskakel, Damian Willemse, sonder die bal kliphard in die ribbes gelak is deur die Reds se binnesenter, Duncan Paia’aua.

Van der Westhuizen het ná kykwere besluit om slegs ’n strafskop toe te ken.

Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, het ná die wedstryd sy frustrasie te kenne gegee oor “vier voorvalle” van vuilspel deur die besoekers waarteen daar nie opgetree is nie.

Siya Kolisi, die Stormers se kaptein, sê hulle het vooraf geweet dat die Reds geniepsig sou wees, maar dit het die Kapenaars nie van stryk gebring nie.

Coach (Fleck) het ons daarop voorberei. Ons het geweet wat gaan kom. Ons het vir onsself gesê dat sulke dinge aan die skeidsregter oorgelaat moet word,” sê Kolisi.

Hy het bygevoeg dat hy baie lyfseer was ná die wedstryd.

“Ek dink ek gaan vir ’n ruk nog seer wees. Dis presies waarvoor ons voorberei het. Ons weet watter soort speler hul afrigter (Brad Thorn) was. Jy kan sien dat elke speler geleer word om fisiek ingestel te wees,” sê Kolisi.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.