Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
De Bruin het geen planne om Leeus te los
Swys de Bruin, die Leeus se hoofafrigter. Foto: Gallo Images

Swys de Bruin sê hy sal, anders as van sy voorgangers, sy kontrak met die Leeus eerbiedig en weer aanstaande jaar aan die stuur van sake staan.

Dit te midde van die moontlikheid dat hy gereelder by die afrigtingspan van die Springbokke kan aansluit.

De Bruin was vroeër vanjaar in die toets teen Wallis en daarna die reeks van drie toetse teen Engeland ’n aanvals-konsultant van Rassie Erasmus se span.

Die kans is glo goed dat hy weer vir die komende Rugbykampioenskap betrek sal word.

Hy sal wel nie die Leeus se afrigter in die komende Curriebeker-reeks wees nie, maar het bevestig dat hy sy verpligtinge as afrigter in aanstaande jaar se Superreeks sal eerbiedig.

Met verskeie spelers wat oorsee gaan speel, sal die Leeus se span aanstaande jaar aansienlik anders lyk.

Die Johannesburgse span kom Saterdag vir ’n tweede agtereenvolgende jaar teen die Crusaders in die eindstryd van dié kompetisie te staan.

Sonder om name te noem, het De Bruin gesê van sy voorgangers as Leeus-afrigters het wel al hul kontrak voortydig beëindig en elders ’n heenkome gevind.

“My kontrak verstryk ná aanstaande jaar se Superreeks en ek het geen plan om dit nie te eerbiedig nie,” sê hy.

Johan Ackermann, De Bruin se voorganger, het sy bande met die span van die Goudstad ná verlede jaar se Superreeks beëindig om Gloucester in Engeland te gaan afrig.

Meer oor:  Johan Ackermann  |  Swys De Bruin  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.