Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Dié duo kan wenDoep(a) word
Dan du Plessis is volgens John Dobson ’n potensiële Springbok, maar sy loopbaan is tot dusver deur ernstige beserings ontwrig.Foto: Getty Images

Tot dusver het beserings hulle van momentum ontneem, maar die neefs Jean-Luc en Dan du Plessis kan dalk nog troefkaarte vir die Stormers wees in vanjaar se Superrugby-reeks.

John Dobson, die Kapenaars se afrigter, het Dinsdag onthul dat Jean-Luc hard aan die deur klop vir ’n plek in die beginspan en dat Dan sy terugkeer gaan maak in ’n voorwedstryd vir Saterdag se kragmeting met die Blues op Nuweland.

“Dan is vandeesweek terug en is die tipe speler wat die potensiaal het om ’n Springbok te word. Daar is ’n voorwedstryd tussen spelers aan die buitewyke van ons span en klubspelers. Dan sal in daardie wedstryd speel,” sê Dobson.

Dan is vandeesweek terug en is die tipe speler wat die potensiaal het om ’n Springbok te word.
John Dobson

“Ek het voor die afskop van ons veldtog gedink ons gaan probleme op senter hê, maar ons het skielik nou vir Rikus Pretorius, wat ek dink na die Springbok-belyningskamp genooi gaan word, Dan Doep, Ruhan Nel en Jamie Roberts. Ons móét geleenthede probeer skep vir al dié spelers.”

Geleenthede skep is egter nie op die agenda vir die wedstryd teen die Blues nie, wat beteken dat Jean-Luc du Plessis waarskynlik nie vir Damian Willemse op losskakel sal vervang nie.

Dobson sê hy het nie slapelose nagte oor Willemse se onseker vertonings op losskakel nie.

“Vir my is die probleem meer dat Jean-Luc elke keer wat hy opgestuur is ’n verskil gemaak het. Dís meer die plek waar die druk is as enige twyfel oor Damian. Jean-Luc lyk kalm onder druk en was skitterend met daardie laaste beweging wat die wedstryd teen die Leeus beklink het.”

Jean-Luc du Plessis klop hard aan die deur van die Stormers se beginspan. Foto: Getty Images

Dobson het daarop gewys dat Du Plessis al in die verlede geleenthede op losskakel gehad het, maar bygevoeg dat dit lyk asof daar ’n nuwe dimensie aan sy spel is.

Dis vir hom belangrik om Willemse se selfvertroue te bou en hy wil ook hê sy losskakel moet minder in kontak betrokke wees.

“Damian is soms te fisiek. ’n Losskakel soos Demetri Catrakilis is byvoorbeeld nooit op die grond nie. Damian word vyf of ses keer in ’n wedstryd gelak, wat ’n probleem vir ons aanvallende spel is. Herschel (Jantjies, die skrumskakel) begin hom dan soek. Ons moet Damian en Dillyn Leyds (heelagter) meer as die eerste ontvanger van die bal afwissel.”

Dobson hoop om ná die Stormers se loslootjie aanstaande week meer spelers in sy 23-tal te betrek.

“Ons moet ’n ekstra haker en skrumskakel kweek, en moet vir Jean-Luc speelkans skep. Rikus word ook as ’n toekomstige ster van Suid-Afrikaanse rugby gereken.”

Meer oor:  John Dobson  |  Jean-Luc Du ­Plessis  |  Kaapstad  |  Losskakel  |  Rugby  |  Stormers  |  Flank  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.