Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Die Tier is terug in Schoeman se tenk

Paul Schoeman het verlede seisoen met hoë verwagtinge by Loftus Versfeld aangekom nadat hy in Bloemfontein gegroet het.

Die Cheetahs is in 2017 uit Superrugby geskop en die vooruitsig om vir die Bulle in die kompetisie te speel, het die 26-jarige losvoorspeler opgewonde gemaak.

Paul Schoeman het sy kans aangegryp toe hy Duane Vermeulen se skoene teen die Reds volgestaan het. Foto: Gallo Images

Min het hy geweet hy sou nie eens in die Curriebeker-reeks vir die Blou Bulle speel nie.

Schoeman het verlede maand teen die Reds sy eerste kans in die Bulle se beginspan gekry toe hy die Springbok Duane Vermeulen op agtsteman vervang het.

Dit was boonop nadat Tim Agaba, wat as Vermeulen se plaasvervanger geoormerk is, hom weens ’n besering moes onttrek.

Die man met die bynaam Tier het nie op hom laat wag nie en sy afrigter, Pote Human, het agterna groot lof gehad vir sy vurige spel.

“Ek het omtrent nege maande gewag om my kans te kry.

“Of dit nou vyf minute of ’n wedstryd is, ek weet ek moet eenvoudig op my heel beste wees.”

Schoeman sê dit is ’n sielkundige beproewing om vir so lank nie die opdrafspan te haal nie.

“Daardie vertoning (teen die Reds) het in die opsig baie vir my beteken.

“Om nege maande lank nie gekies te word nie, eet aan ’n ou.”

Hy is Saterdag ’n plaasvervanger wanneer die Bulle op Loftus teen die Waratahs te staan kom.

Die Bulle is oorgehaal om die frustrasie wat verlede naweek op Nuweland teen die Stormers ervaar is, reg te stel, verseker Schoeman.

“Ons het nie goed begin nie, daar was baie hanteerfoute en ons het te gereeld ons besit verloor.

“Teen Waratahs moet ons goed begin en momentum opbou. Ons sal ook met meer intensiteit moet speel.”

Schoeman sê die Bulle sal hulleself ’n groot guns bewys deur die Waratahs en die Crusaders te klop voordat hulle later die maand na Australasië vertrek.

“As ons dit kan doen sal die span met minder druk gaan toer. Veral ’n sege oor die Crusaders sal ons baie selfvertroue gee.”

* Ruan Steenkamp, wat sover die seisoen in die Bulle se nr. 6-trui verkies is voordat Marco van Staden van ’n besering teruggekeer het, voer Saterdag die Blou Bulle in die SuperSport-uitdaagreeks teen die Welwitschias aan op Loftus.

Roelof Smit, wat ook onlangs van ’n langtermyn-besering herstel het, is op die bank gekies.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.