Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Dis Nyakane teen Kitshoff in Kaap
Die Bulle se Bok-stut Trevor Nyakane is reg om die Stormers in die skrums op te dreun. Foto: Gallo Images
Steven Kitshoff sal nie Saterdag net sy hande vol hê met Trevor Nyakane in die skrums nie, hy gaan ook die Stormers op die veld lei teen die Bulle.Foto: Gallo Images

Die Springbok Trevor Nyakane is terug in die Bulle se voorry vir Saterdag se Superrugby-kragmeting met die Stormers in Kaapstad.

Dit is die vaskopstut se eerste wedstryd terug in die beginspan nadat ’n kuitbesering sy 2019 Wêreldbeker-deelname ná slegs een wedstryd in Japan kortgeknip het.

Nyakane se insluiting is die enigste verandering aan die opdrafspan wat verlede week in Durban teen die Haaie verloor het.

Sy skrumstryd teen sy Springbok-spanmaat Steven Kitshoff kan ’n hoogtepunt op Nuweland wees.

Dit was nie individue se skuld dat ons verloor het nie, dit is ons spanpoging wat nie goed genoeg was nie.
Pote Human

Pote Human, hoofafrigter van die span, sê hy wil almal nog ’n kans gee.

“Dit was nie individue se skuld dat ons verloor het nie, dit is ons spanpoging wat nie goed genoeg was nie. Daar is ’n hele paar tekortkominge dié week waaraan ons aandag gegee het.”

Morné Steyn behou sy plek op losskakel en Human sê sy kalmte en leiding gaan belangrik wees in die Nuweland-drukkoker.

Die Bulle se span is:
Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Abongile Nonkontwana, Jeandré Rudolph, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ruan Nortjé, Wian Vosloo, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.


Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Pote Human  |  Trevor Nyakane  |  Nuweland  |  Kaapstad  |  Derby  |  Rugby  |  Stormers  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.