Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Dobson soek gepaste vaarwel
John Dobson, die Stormers se afrigter, meen Nuweland moet met ’n goeie vertoning deur ’n Kaapse span gegroet word.Foto: Gallo Images

As Covid-19 inderdaad vanjaar se Superrugby-reeks geknak het, sal dit ’n jammerte wees dat die Stormers Nuweland moes groet met ’n vertoning soos die een in hul laaste wedstryd daar teen die Blues, erken John Dobson.

Maar vir Kapenaars het die Stormers se afrigter hierdie belofte: “Weet dit: as ons terugkom op daardie veld, gaan ons ’n vertoning lewer wat Nuweland trots sal maak.

“Die vertoning teen die Blues was geheel en al die verkeerde manier om van Nuweland afskeid te neem. Ek is egter baie optimisties dat ons Nuweland op ’n sierlike wyse gaan groet. Die enigste vraag is in watter toernooi dit gaan wees.”

Ek is egter baie optimisties dat ons Nuweland op ’n sierlike wyse gaan groet. Die enigste vraag is in watter toernooi dit gaan wees.
John Dobson

Die Westelike Provinsie Rugbyunie beplan ’n spesiale vaarwelwedstryd in November voordat daar in 2021 na die Kaapstad-stadion toe geskuif word. Investec, die bankreus wat Nuweland vir R110 miljoen gekoop het, gaan glo reeds vroeg in die nuwe jaar met konstruksie aan eiendomsontwikkeling daar begin.

Tot dan is die grootste wedstryd wat nog daar gespeel moet word Suid-Afrika se toets teen Skotland op 4 Julie. Die groot vraag is egter of dit moontlik sal wees, want niemand weet in hierdie tydstip wanneer die Covid-19-pandemie onder bedwang gebring kan word nie.

Tans verwag die Suid-Afrikaanse Rugbyunie bloot dat daar in die derde kwart van die jaar weer gespeel sal word.

Daar is ook nog nie sekerheid oor hoe die pandemie die Curriebeker-reeks sal raak nie.

John Dobson
John Dobson, die Stormers se hoofbreier. Foto: Gallo Images

“As die CB-reeks gespeel word in die formaat wat gepubliseer is, speel ons ligawedstryde teen die Haaie, Griekwas en Vrystaat-Cheetahs. Dis nie ’n watwonderse manier om te groet nie,” sê Dobson.

“Ons (die Stormers) moes die afgelope paar weke op Nuweland teen die Rebels en Waratahs gespeel het, met ’n wedstryd teen die Haaie later in die maand. Uiteraard is dit nou van die baan. Die spelers is wel optimisties dat daar nog ’n plaaslike toernooi gespeel sal word.”

Dobson meen iets sal eers om die Superreeks gebou moet word om uitsaaiers en borge tevrede te stel. Daarna is daar die potensiaal vir ’n “briljante CB-toernooi” indien die Springbokke daaraan kan deelneem.

“Die belangrike ding is om mense terug in die stadions te kry. Uitsaaiers gaan mettertyd keelvol raak van wedstryde waar jy net 4 000 mense in stadions sien,” sê hy.

“Ongeag wat die produk is, móét dit mense stadions toe lok. ’n CB-reeks waarin die Bokke speel kan baie help.”

Meer oor:  John Dobson  |  Siya Kolisi  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Afrigter  |  Rugby  |  Superrugby  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.