Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Driekuns plaas Blues op wenpad

Kragmetings in die Superrugby-reeks tussen spanne soos die Blues en die Waratahs wek deesdae min belangstelling – behalwe dalk vir diegene wat met nostalgie terugdink aan die Blues se gloriejare.

Die Blues se Mark Telea het drie keer agter die Waratahs se doellyn gaan kuier. Foto: Getty Images

Dus is die span van Auckland se sege met 32-12 oor die Waratahs Saterdag in Newcastle, Australië, kwalik van belang.

Nie een van dié twee spanne is regtig ’n titelaanspraakmaker nie.

Maar die Blues is allermins vrot, hul skrum is stewig, en met spelers soos die vlugvoetige senter Joe Marchant en die vleuel Mark Telea agterlangs, is daar genoeg manne wat die spel van die ovaalbal verstaan.

Telea se driekuns aan drieë is ’n kersie op die koek vir sy goeie vertoning Saterdag.

Of dit genoeg is om weer soos in 1996, 1997 en 2003 glorie in die afsienbare toekoms vir die Blues te bring, is egter te betwyfel.

* Puntemakers:

Blues 32 (8): Drieë: Blake Gibson, Joe Marchan, Mark Telea (3). Doelskoppe: Stephen Perofeta, Harry Plummer. Strafdoel: Perofeta.

Waratahs 12 (7): Drieë: Lalakai Foketi, Mark Nawaqanitawase. Doelskop: Will Harrison.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Blues  |  Superrugby  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.