Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Du Preez swyg liefs oor ‘swak beslissings’

Johan Ackermann het Saterdag simpatie met sy Haaie-eweknie, Robert du Preez, gehad oor die frustrasie wat hy ervaar het met sekere beslissings van die skeidsregter, Marius van der Westhuizen.

Robert du Preez, die Haaie se hoofafrigter. Foto: Gallo Images

Nie een van die twee wou hul monde openlik uitspoel oor hoe Van der Westhuizen die kwarteindstryd van die Superreeks, wat die Leeus op Ellispark met 23-21 “gesteel” het, hanteer het nie, maar dit kon tussen die lyne gelees word dat dit nie hul goedkeuring weggedra het nie.

Daar was ’n aantal omstrede beslissings en Du Preez het, toe hy daaroor uitgevra is, gesê: “Jy weet ek mag niks sê oor swak skeidsregter-beslissings nie.”

Op die vraag wat hy gedink het hoe die wedstryd hanteer is, het Ackermann gesê: “Ek kan my indink hoekom hy (Du Preez) dit sê. As ons verloor het, sou ek ook my sê wou sê oor sekere dinge wat gebeur het, maar nou sal ek volstaan met geen kommentaar.”

Dit sou veral ’n beslissing in die laaste twee minute, waar die Haaie gevoel het Kobus van Wyk is sonder die bal geduik deur Courtnall Skosan naby die Leeus se doellyn, wat die besoekers laat brom het.

Ackermann was baie verlig dat sy span uiteindelik die vet uit die vuur kon krap.

“Met rustyd het ons tegniese analis vir ons gesê ons het 65 persent van die balbesit, maar dit het nie so gelyk soos ons gespeel en foute gemaak het nie, het Ackermann gesê nadat sy span ná die eerste 40 minute kwaai met die rug teen die muur was en ’n agterstand van 3-14 gehad het.

Die geelkaart wat die Haaie-slot Stephan Lewies egter in die vyfde minuut van die tweede helfte gekry het ná herhaalde oortredings van die besoekers, was ’n keerpunt.

In die tydperk wat die Haaie toe met 14 spelers moes klaarkom, het die Leeus twee drieë gedruk en sterk teruggekom in die prentjie.

’n Derde drie deur Lionel Mapoe, nadat sy sentermaat Harold Vorster flink gedink het en ’n vinnige strafskop geneem het voordat hy ver gevorder het, het die Leeus weer laat voorloop.

Dit is egter nie die einde van die drama nie, want Franco Mostert het self geel gesien nadat hy ’n Haaie-dryfbeweging onwettig gestuit het en net daarna kon Daniel du Preez druk vanaf ’n skrum om die Durbaniete weer te laat voorloop.

Die Leeus het egter karakter getoon om as oorwinnaars van die veld te kon stap.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.