Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Duane terug om Stormers te help gaffel
Trevor Nyakane draf Saterdag op Nuweland in sy 100ste Superrugby-wedstryd uit. Foto: Gallo Images

Nadat Pote Human die vorige twee wedstryde talle veranderings aan sy span gemaak het, hou hy die keer by sy wenspan in die opbou tot Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Stormers in Kaapstad.

Daar is net een verandering aan die beginspan wat die Reds voorverlede Saterdag geklop het – Duane Vermeulen vervang Paul Schoeman op agtsteman.

Die slot Jason Jenkins is steeds beseer, wat meebring dat Jannes Kirsten weer RG Snyman se slotmaat is.

Human het ook besluit om op linkervleuel met Jade Stighling te volhard, terwyl Rosko Specman weer nie die 23-tal gehaal het nie.

Daar sal Saterdag op Nuweland twee mylpale gevier word. Die Springbok-stut Trevor Nyakane speel sy 100ste wedstryd in die kompetisie en die senter Burger Odendaal in sy 50ste.

Bulle:
Warrick Gelant, Johnny Kotze, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Jade Stighling, Handré Pollard (k), Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Marco van Staden, RG Snyman, Jannes Kirsten, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Superreeks  |  Duane Vermeulen  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.