Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Duanne, Warrick terug om Leeus te pak

Daar is ses veranderings aan die Bulle se beginspan, maar geen teken van Jesse Kriel of Lood de Jager nie.

Die ervare Springbok Duane Vermeulen is terug in die Bulle se beginspan vir Saterdag se stryd teen die Leeus in Pretoria. Foto: Getty Images

Die Bokke Warrick Gelant en Duane Vermeulen is wel terug om die Leeus Saterdag in die Superrugby-reeks op Loftus Versfeld aan te durf.

Pote Human, die Bulle se hoofafrigter, was nog Dinsdag optimisties dat hy Kriel en De Jager, wat van langtermyn-beserings herstel het, kan oorweeg.

“Ons het veral gehoop Jesse kan speel. Ons het uiteindelik teen dit besluit en Lood is nog nie heeltemal reg nie.”

Human het weens die beserings van die slot Jason Jenkins (lies) en die haker Schalk Brits (harsingskudding) drie veranderings aan sy agttal gemaak.

Jannes Kirsten is RG Snyman se nuwe slotvennoot en Jaco Visagie kry die nr. 2-trui in Brits se afwesigheid.

Die flank Ruan Steenkamp, wat verlede Vrydag een van die uitblinkers teen die Highlanders in Dunedin was, maak plek vir Vermeulen in die lostrio.

Dié Springbok-kryger het verlede maand sy nek in Canberra teen die Brumbies beseer en die plan was aanvanklik dat hy ná die wedstryd sou terugkom huis toe om uit te rus.

Marco van Staden, wat die agtsteman was teen die Highlanders, skuif na oopkant-flank.

Daar is ook drie veranderings in die agterlyn.

Warrick Gelant en Rosko Specman is terug in die agterste drie ten koste van Divan Rossouw en Dylan Sage.

Johnny Kotze skuif terug middelveld toe en hervat sy kombinasie met Burger Odendaal.

Human het nogmaals verras deur André Warner op skrumskakel bo die Springbokke Embrose Papier en Ivan van Zyl te verkies.

Warner het sover beïndruk in die wedstryde wat hy begin het.

Die Bulle-breier sê hy is nie bekommerd dat die halfdosyn veranderings sy span sal ontwrig nie.

“Al die spelers wat nou gekies word bring energie en vars bene en dit is altyd goed.

“Dit gee ons gemoedsrus dat ons lot in ons hande is en dit nie afhang van wat ander spanne doen nie. Ons kan met die groot vryheid speel,” sê Human.

* Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal, Rosko Specman, Handré Pollard (k), André Warner, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Marco van Staden, RG Snyman, Jannes Kirsten, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Eli Snyman, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Meer oor:  Leeus  |  Bulle  |  Superrugby-Reeks  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.