Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Dyantyi is inspirasie vir senter-blits

Verlede jaar was dit Aphiwe Dyantyi wat rugbyondersteuners se asem weggeslaan het, en vanjaar is daar weer ’n Leeu-blits wat op ’n jong ouderdom ’n naam vir homself maak.

Wandisile Simelane, wat verlede week maar 21 jaar oud geword het, vertel dat hy homself nog moet knyp om te glo hy speel Superrugby – én dat sy naam al saam met dié van die grotes van die sport genoem word.

Wandisile Simelane. Foto: Gallo Images

Simelane is ’n weerligstraal, ’n talent wat ’n mens nie elke dag teekom nie. Hy’s blitsig vir ’n senter, en het ’n visie om die regte opsie op die regte tyd te kies en daar word klaar van hom as ’n toekomstige Bok gepraat.

Simelane was nooit regtig in rugby se wieg nie. Van kleins af in Protea Park, Soweto, het hy al sy vrye tyd met sy sokkerbal deurgebring. Sy talent was maklik om raak te sien – en dit het hom die kans gegee om vir Moroka Swallows en Kaizer Chiefs se junior spanne te speel.

By Dalmondeor Primary School in Johannesgburg het sy onderwyser Lenus Swanepoel hom ingeroep en sy lewe verander.

“Ek was ’n groot sokker ou en wou altyd sokker speel. Maar daar was nie sokker by die laerskool nie. Ek het atletiek gedoen en was taamlik vinnig. Daar was ’n onderwyser, meneer Swanepoel, wat my ingeroep het en wou hê ek moet rugby speel. Ek het o.11 gespeel en die volgende jaar die Leeus se o.12-span gehaal.

“Dit het gelei tot ’n beurs by Jeppe High School for Boys en van daar af het dinge net gestoomroller.”

Dit was ’n moeilike besluit om rugby te speel – veral omdat hy ’n kans gehad het om hom by Kaizer Chiefs te bewys, maar hy sou nooit spyt wees daaroor nie.

Wat hy in ’n enkele jaar reggekry het, is ongelooflik.
Wandisile Simelane

Simelane se beste tyd in die 100 m is 10.8 sekondes, maar hy dink nie hy sal dit nou weer kan behaal nie. “Met al die gewig wat ek vir rugby aangesit het, sal ek nie kan nie,” sê hy oor sy blitstyd van destyds.

Vir Simelane is Dyantyi se storie ’n inspirasie om harder te werk.

“Aphiwe is ’n inspirasie, nie net vir my nie, maar vir die hele Suid-Afrika,” sê Simelane.

“Sy opkoms het kinders oral geïnspireer, ook vir my. Wat hy in ’n enkele jaar reggekry het, is ongelooflik.”

Simelane bring van die veld af baie tyd saam met Dyantyi deur en leer baie by hom.

“Ons speel kaart in ons vrye tyd en ontspan saam. Ek kan nie glo ’n jaar gelede het ek junior rugby gespeel en nou is ek hier nie.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Wandisile Simelane  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.