Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Een SA stut maak vir ’n ander plek

Die Melbourne Rebels het soveel Suid-Afrikaners in hul geledere, daar word seker vuisgeslaan oor wie die braaivleisvuur by hul partytjies beman.

Die Haaie se Australiese teenstanders in Saterdagoggend se Superrugby-wedstryd in Ballarat het in die voorseisoen nog ’n paar Suid-Afrikaners bygekry. Onder hulle tel die stut Cabous Eloff, wat verlede jaar nog by die Bulle gekontrakteer was.

Cabous Eloff het verlede week sy buiging vir die Melbourne Rebels gemaak. Foto: Getty Images

Eloff het sy buiging vir die Rebels verlede week gemaak, maar is deur nóg ’n Suid-Afrikaner, Ruan Smith, uit die span gehou vir hul kragmeting met die Haaie.

“Om my buiging te kon maak, veral vir die Rebels, was ’n groot voorreg. Ek wou nog altyd Superrugby speel, vandat ek ’n klein seuntjie was,” het Eloff verlede week in ’n video op die Rebels se Twitter-blad gesê. As sy naam of rooi Paul Kruger-baard dit nie weggegee het nie, sou sy sterk aksent enige twyfel oor sy moedertaal en herkoms uit die weg geruim het.

Eloff het in 2016 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer. Jaco Koch, wat sy afrigter by Affies was, onthou Eloff se positiewe ingesteldheid goed.

Cabous Eloff in 2016 vir Affies teen Maritzburg College in aksie. Foto: Gallo Images

“ ’n Mens kan ’n speler se houding goed beoordeel wanneer jy kyk hoe hy verdedig. Cabous kon teenstanders in hul spore stuit met enorme duikslae,” sê Koch.

“Ons het Grey-kollege in 2015 geklop en Cabous was een van die manne wat enorme duikslae uitgevoer het. Hy het nooit ’n tree agteruit beweeg nie – nie in die skrums nie, nie op die verdediging nie en ook nie wanneer hy die bal gedra het nie.

“Momentum is so belangrik en hy het altyd vir jou momentum bewerkstellig. Hy het altyd alles gegee en was boonop ’n wonderlike seun en spanman.”

Koch is wel spyt dat Eloff vir nou sy rugby buite die landsgrense speel.

“Natuurlik sou ek wou hê hy moes in Suid-Afrika speel, maar hy het ’n besluit geneem oor wat die beste vir hom is. Ek is baie trots op dít wat hy bereik het.”

Die Rebels se skrumskakel met die massiewe boarmspiere, Ryan Louwrens, is ook ’n gebore Suid-Afrikaner. Die kaptein en heelagter, Dane Haylett-Petty, en sy slot-broer, Ross, is albei in Durban gebore.

Die slot Gideon Koegelenberg het hom ook in die voorseisoen van die Haaie af by die Rebels aangesluit.

En dan word die Rebels natuurlik ook deur ’n Suid-Afrikaner, Dave Wessels, afgerig.

Spanne

Rebels: Dane Haylett-Petty (k), Andrew Kellaway, Campbell Magnay, Bill Meakes, Marika Koroibete, Andrew Deegan, Ryan Louwrens, Isi Naisarani, Richard Hardwick, Michael Wells, Matt Philip, Ross Haylett-Petty, Jermaine Ainsley, Steven Misa, Matt Gibbon. PLAASVERVANGERS: Anaru Rangi, Cameron Orr, Ruan Smith, Gideon Koegelenberg, Angus Cottrell, Rob Leota, Frank Lomani, Tom English.

Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Jeremy Ward, André Esterhuizen (k), Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Sanele Mohamba, Sikumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Louis Schreuder, Marius Louw, Lwazi Mvovo.

  • Skeidsregter: AJ Jacobs.
  • Afskop: 05:45 (SS 1).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Rebels  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.