Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Ek wou Elstadt nie slaan, sê Henco

“Stel dit maar mooi. Onthou, mense lees dit en ek moet eendag ná my rugbydae nog ’n werk kry.”

Die Cheetahs se Henco Venter op die aanval in die Superrugby-wedstryd teen die Stormers Saterdag in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Só het die Cheetahs se vuurvreter-flank, die teologie-student Henco Venter, geskerts oor die rooikaart wat hy Saterdag teen die Stormers op die lyf geloop het.

Venter het die Stormers-flank Rynhardt Elstadt “toevallig” met die elmboog in dié spanne se Superrugby-wedstryd in Bloemfontein bygedam. Hy is vir die eerste keer in sy loopbaan rooi gewys en vir ’n week geskors.

Elstadt het dieselfde straf gekry omdat hy teruggeslaan het.

Elstadt het boonop ook aan die einde van die eerste helfte ’n geelkaart gekry omdat hy doelbewus ’n aangee verhinder het.

Die spanne was in die 81ste minuut slaags by ’n losskrum toe Venter en Elstadt begin redekawel het.

Venter het soos ’n vrot vel grond toe geval, kompleet soos ’n sokkerspeler wat ’n strafskop wou melk, en dadelik beduie dat Elstadt hom in die gesig geslaan het.

Ná ’n lang geredekawel en op aandrang van sy kaptein, Francois Venter, het die skeidsregter, Jaco van Heerden, ingestem om na beeldmateriaal van die voorval te kyk.

“Ek het nie eens geweet ek het hom geslaan nie, maar die video wys dit duidelik. Hy was agter my en ek wou myself van hom af lostrek toe my elmboog hom toevallig tref,” het Venter gesê.

“Ek was eintlik geskok toe ek ’n kaart gekry het.”

Venter se skorsing bring mee dat hy nie volgende week in die Cheetahs se laaste Superrugby-wedstryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth mag speel nie.

“Dit is sleg dat ek die laaste wedstryd misloop, maar dit is rugby, dis ’n kontaksport.

“Ek was nooit van plan om hom (Elstadt) te slaan nie. Maar moenie ’n fout maak nie, hy het my goed getref teen die wangbeen,” het Venter gesê.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Cheetahs  |  Rynhardt Elstadt  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.