Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
En nou keer super-Saders se sterre terug

Die Crusaders, wat hierdie seisoen weer indrukwekkend vertoon, se kans om ’n tiende Superrugbytitel te verower lyk selfs béter met verskeie senior spelers wat in die volgende paar weke weer vir die span beskikbaar gaan wees.

Die All Black-kaptein Kieran Read kan gou weer vir die Crusaders beskikbaar wees. Foto: Gallo Images

Die Crusaders is met 53 punte boaan die Nieu-Seelandse afdeling. Dit is 13 punte voor sy naaste teenstander, die Hurricanes.

Met nog net twee wedstryde oor voordat die uitspeelwedstryde vir hulle begin, is die Crusaders reeds van ’n tuiskwarteind gewaarborg. Dat die span dit sonder soveel topspelers kon vermag, is prysenswaardig.

Onder die spelers wat weens verskillende redes nie gereeld gekies kon word nie, tel Kieran Read, Sam Whitelock, Owen Franks, Codie Taylor en Tim Perry.

Hulle behoort volgens Jason Ryan, die span se hulpafrigter, egter almal in die komende weke weer beskikbaar te wees.

Ryan het gewaarsku dat die terugkerende spelers hul deel op die oefenveld sal moet doen as hulle weer gekies wil word.

“Die ouens wat gespeel het terwyl hulle nie daar was nie, het hulle goed van hul taak gekwyt,” sê hy. – Reuters

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Kieran Read  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.