Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Engelse senter op pad na die Sunwolves

Ben Te’o van Engeland sal volgende jaar in die Sunwolves se swanesang-seisoen in die Superreeks vir dié span uitdraf.

Dié senter van die Rose het in Augustus ’n korttermyn-ooreenkoms met die Franse klub Toulon gesluit nadat hy nie die Engelse groep vir die Wêreldbeker (WB) gehaal het nie.

Die Engelse senter Ben Te’o speel aanstaande jaar vir die Sunwolves Superrugby. Foto: Getty Images

Eddie Jones, afrigter van Engeland, het die 32-jarige Te’o oor die hoof gesien nadat hy op ’n WB-oefenkamp in Italië met ’n spanmaat, Mike Brown, in ’n onderonsie betrokke geraak het.

Hy sal hom saam met Tonga se Onehunga Kaufusi en die Aussie Jake Schatz by die Sunwolves aansluit, het die span in ’n mediaverklaring gesê.

Die Sunwolves se nuwe afrigter, Naoya Okubo, het ook bevestig dat Jaba Bregvadze, hoogaangeskrewe haker van Georgië, weer in 2020 vir die span beskikbaar is.

Daar sal nog name by die groep gevoeg word sodra die onderhandelings gefinaliseer is.

Met Japan se plaaslike topliga wat volgende jaar met die Superrugbyreeks oorvleuel, is baie van die land se topspelers nie beskikbaar nie.

Die 2020-seisoen sal die Sunwolves se laaste wees nadat die kompetisie se beheerliggaam, Sanzaar, en die Japanse Rugbyunie nie in Maart vanjaar ’n ooreenkoms kon bereik om die span se voortgesette deelname te verseker nie.

Die Sunwolves het sedert die span se insluiting in 2016 gesukkel om met die gevestigde spanne van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië mee te ding.

Hoewel die Sunwolves vanjaar ’n geskiedkundige eerste wegsege in vier seisoene behaal het – oor die Chiefs in Nieu-Seeland – kon hulle net twee uit 16 wedstryde wen.

Japan se hoofafrigter, Jamie Joseph, het deurgaans gesê dit is van groot belang dat die land ’n span in Superrugby het.

Hy het ook, nadat Japan vir die eerste keer die kwarteindronde van die WB-toernooi gehaal het, gesê die Sunwolves se deelname het ’n kernrol gespeel.

“Vir ons nasionale span om aan te hou mik vir die volgende vlak, is dit nodig dat die volgende generasie Japanse spelers onder druk ontwikkel en saam hard werk,” het Joseph gesê. – Reuters

Meer oor:  Sunwolves  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.