Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Esterhuizen lei Haaie teen Rebels

André Esterhuizen is as kaptein aangewys van die Haaie-span wat Saterdag teen die Melbourne Rebels sal poog om terug te keer tot die Superrugby-wenpad.

Die kapteinskapsrol word Saterdag aan die Haaie se Springbok-senter André Esterhuizen toevertrou. Foto: Gallo Images

Die Haaie se gereelde kaptein, Lukhanyo Am, kry vandeesweek ’n blaaskans en sy plek op buitesenter word deur Jeremy Ward geneem.

Die KwaZulu-Natallers, wat verlede week teen die Hurricanes onder meer erg deur beserings en siekte ontwrig is, het aan dié front darem beter nuus voor die kragmeting in Ballarat (’n klein stad in Victoria).

Die Bok-stut Thomas du Toit het ’n virus afgeskud en sal die nr.3-trui dra teen die Rebels, terwyl Makazole Mapimpi, wat die veld teen die Hurricanes moes verlaat ná ’n kopbesering, ook fiks verklaar is.

Daarbenewens sal Curwin Bosch weer op sy pos wees op losskakel nadat hy verlede week na Suid-Afrika moes terugkeer weens die afsterwe van ’n familielid.

Bosch se plaasvervanger in Wellington, Boeta Chamberlain, het egter nie van die harsingskudding herstel wat hy teen die Hurricanes opgedoen het nie en het teruggekeer na Durban. Die vleuel/heelagter Lwazi Mvovo is opgeroep om hom te vervang.

* Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Jeremy Ward, André Esterhuizen (k), Makazole Mapimpi, Curwin Bosch, Sanele Mohamba, Sikumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Henco Venter, Louis Schreuder, Marius Louw, Lwazi Mvovo.

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Rebels  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.