Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Everitt sien uit na Bokke se terugkeer

Die Haaie weet van beter as om te dink Sondag se vriendskaplike wedstryd teen die Stormers in die FNB-stadion sal enigsins vreedsaam wees.

Die blits Makazole Mapimpi is een van die Haaie se Springbokke wat Sondag teen die Stormers sal terugkeer. Foto: Gallo Images

“Hulle noem dit slegs vriendskaplik omdat daar geen ligapunte op die spel is nie.

“Die Stormers sal fisiek wees en met hoë intensiteit speel,” sê Sean Everitt, die Haaie-breier.

Hy benadruk dié superheld-ontmoeting is ’n belangrike laaste kans om verstellings te maak voor die Haaie se aanslag in die Superreeks op 31 Januarie tuis teen die Bulle begin.

“Om teen ’n stewige pas te speel is een van ons fokuspunte en daar is ’n hele paar aspekte van ons spel en kombinasies waaraan ons moet skaaf.

“Daar is nie nog ’n opwarmstryd nie. En wanneer die kompetisie begin speel ons agt wedstryde op ’n streep, wat ons oorsese toer insluit.”

Everitt sê hy is nie bekommerd oor sy span se voorbereiding nadat ’n naasbeste span van die Haaie verlede week teen die Pukke verloor het nie.

Nog ’n span van die Haaie het Rusland Vrydagaand in Durban met 64-14 verslaan.

“Ons is op koers met ons voorbereiding. Ons het in albei losmakers (teen die Pukke en Rusland) met twee afsonderlike spanne gespeel. So dit was eintlik vier spanne.

“Daar was in die tweede groep spelers wat verlede jaar nog skoolseuns was en ’n paar klubspelers.

“Ek was tevrede met die gehalte van die rugby wat ons teen die Russe gespeel het.

Hulle noem dit slegs vriendskaplik omdat daar geen ligapunte op die spel is nie.
Sean Everitt

“Dit sou nooit die perfekte produk gewees het nie en daar is ’n paar nuwe goed wat ons in die voorseisoen in werking gestel het. Ons moet dit so ’n bietjie poets.”

Everitt sê hy sien ook daarna uit dat die Haaie se Springbokke, Lukhanyo Am, Sbu Nkosi, Makazole Mapimpi en Thomas du Toit terugkeer.

“Hulle sal ons spel verder lig.

“Ons Bokke het eers laat in Desember teruggekeer, maar hulle het nie aan enige kontaksessies deelgeneem nie.

“Dit sou nie wys gewees het om hulle teen Rusland te laat speel nie.”

Die Haaie-breier sê daar sal nie Sondag van die senter Marius Louw verwag word om weer sy lyf baljagter te hou nie.

“Ons het besluit om Marius (teen Rusland) as ’n baljagter op die proef te stel en dit was my idee.

“Ek ken hom al van sy skooldae en hy was ’n flank vir die Suid-Afrikaanse skolespan en ook toe hy destyds hier by die Haaie aangekom het.

“Daar is sedert Marcell Coetzee nie baie klem gelê op ’n spesialis-baljagter nie en dit is ’n leemte wat ons geïdentifiseer het.

“Dit is waarom ons ’n speler soos James Venter gekontrakteer het, maar Marius sal die naweek ’n senter wees.”

Everitt maak sy span Donderdag bekend.

Meer oor:  Sean Everitt  |  Stormers  |  Superrugby  |  Superheld-Sondag  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.