Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Robbie Fleck het ’n buksie-babelaas

Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, is op hete kole oor ’n moontlike besering aan sy voorkeur-skrumskakel, Herschel Jantjies, voor Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Brumbies op Nuweland.

Die 22-jarige Jantjies het ’n seer knie en is Maandag vir ’n skandering gestuur. Só ook die agtsteman Juarno Augustus, wie se boarmspier lol.

Paul de Wet. Foto: Gallo Images

Paul de Wet, wat tot dusver in die Stormers se veldtog weens ’n enkelbesering afwesig was, is net betyds weer fiks om hand by te sit as Jantjies nie kan speel nie.

Die moontlikheid is daar dat die Stormers vandeesweek met ’n splinternuwe skakelpaar kan speel, want Fleck het gister geskimp dat hy Josh Stander ’n kans in die beginspan op losskakel wil gee.

“Josh was die kere dat ons hom van die plaasvervangersbank af opgestuur – op losskakel en binnesenter – baie doeltreffend. Dis beslis in ons gedagtes om hom gou ’n geleentheid te gee. Soos in verlede jaar se Curriebeker-reeks, speel hy met selfvertroue en jy móét dit op ’n kol beloon,” sê Fleck.

Hy het bevestig dat die Springbokke Pieter-Steph du Toit en Siya Kolisi oorweeg sal word. Du Toit was verlede week op vaderskapsverlof en Kolisi het gerus.

Pieter-Steph du Toit. Foto: Gallo Images

Du Toit sal vir sy gunsteling posisie, nr.7-flank, oorweeg word eerder as om weens beserings aan Eben Etzebeth, JD Schickerling en Chris van Zyl slot toe te skuif.

Vir Fleck is dít ’n maklike besluit, want Cobus Wiese was onder die Stormers se grootste uitblinkers in verlede naweek se sege met 41-24 oor die Rebels in Melbourne. Wiese het 28 duikslae uitgevoer, wat van ’n besonderse werkverrigting getuig.

Dis verblydend om te sien, nadat hy die vorige week ver benede sy potensiaal gespeel het – soos die meeste ander Stormers ook.

“Ons beskou vir Pieter-Steph as ’n nr.7-flank wat op nr.5-slot vir ons kan dek. Cobus was besonder goed met die nr.5 op sy rug. Vir die pad vorentoe is Pieter-Steph ons voorkeurspeler op nr.7 met Cobus wat die posisie kan dek.

“Cobus begin sy stempel afdruk. Ons wil hê hy moet die basiese dinge doen en dis presies wat hy oor die naweek vir ons gegee het,” sê Fleck.

Fleck wil nie baie veranderings maak nie, want die uitblinkers teen die Rebels verdien beswaarlik om gepos te word.

“Ons wil die selfvertroue en momentum behou. Ná só ’n sege wil jy nie te veel torring aan die span nie en ons wil die ouens wat só goed was teen die Rebels beloon. Ons gaan baie versigtig dink oor ons spankeuses,” sê hy.

Fleck het bevestig dat die kniebesering wat die agtsteman Jaco Coetzee opgedoen het, nie só ernstig is as wat aanvanklik gevrees is nie. Hy behoort binne drie weke weer beskikbaar te wees.

Twee moontlike senteropsies – JJ Engelbrecht en EW Viljoen – is ook fiks verklaar.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Paul De Wet  |  Robbie Fleck  |  Stormers  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.