Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Force lok bielieslot uit Frankryk terug
Die Wallaby-slot Izack Rodda gaan later vanjaar vir die Western Force uitdraf. Foto: Getty Images

Die ambisieuse Western Force, finansieel gerugsteun deur die myn-miljardêr Andrew Forrest, het nog ’n groot vis na Perth gelok.

Die Force het vandeesweek aangekondig dat die Wallaby-slot Izack Rodda hom by die span in Wes-Australië gaan aansluit.

Rodda, wat 25 toetse op sy kerfstok het, speel tans vir die Franse Top14-klub Lyon. Hy was lid van Australië se span wat in 2019 aan die Wêreldbeker-toernooi deelgeneem het en het voorheen in 46 Superrugby-wedstryde vir die Reds uitgedraf.

Brad Thorn, afrigter van die Reds, is egter nie ingenome met die 24-jarige Rodda se terugkeer na Australië nie. Volgens hom was dié slot nie verlede jaar bereid om ’n salarisbesnoeiing vanweë die invloed van die Covid-19-pandemie te aanvaar nie en is hy om daardie rede Frankryk toe.

Rodda se kontrak met Lyon verstryk in Junie, waarna hy hom by die Force sal aansluit.

• Die Force en einste Reds kom intussen Saterdag teen mekaar in Australië se plaaslike Superrugby-reeks te staan. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Superrugby Au  |  Western Force  |  Izack Rodda  |  Andrew Forrest
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.