Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Frans behaal 100-tal teen Bulle
Frans Malherbe het goeie rede om dié week in ’n vrolike luim te wees. Foto: Gallo Images

Die Springbok-vaskopstut Frans Malherbe draf Saterdag vir ’n 100ste keer vir die Stormers uit in hul Superrugby-wedstryd teen die Bulle op Nuweland.

Malherbe (28), in sy tiende jaar by die Stormers, sak in die voorry saam met Scarra Ntubeni (haker) en Steven Kitshoff (loskopstut).

Ntubeni vervang die beseerde Bongi Mbonambi op haker, terwyl Kitshoff die leisels as kaptein neem weens Siya Kolisi se kniebesering.

In die enigste ander verandering aan die span wat verlede naweek se oorwinning oor die Hurricanes begin het, speel Johan du Toit in Kolisi se plek op agtsteman.

Chad Solomon is die haker op die plaasvervangersbank, terwyl Jean-Luc du Plessis vir Rikus Pretorius daar vervang. Du Plessis gee vir die Stormers ’n versekeringspolis op losskakel indien Damian Willemse vervang moet word.

Juarno Augustus en Cobus Wiese, wat verlede week nog op die krukkelys was, is ook in die 23-tal. Wiese sal die slotposisie dek, terwyl Augustus en Ernst van Rhyn as losvoorspelers opgestuur gaan word.

Die Stormers-span is:
Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Jamie Roberts, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Johan du Toit, Pieter-Steph du Toit, Jaco Coetzee, Chris van Zyl, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Ali Vermaak, Wilco Louw, Cobus Wiese, Ernst van Rhyn, Juarno Augustus, Godlen Masimla, Jean-Luc du Plessis.


Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  John Dobson  |  Frans Malherbe  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Derby  |  Rugby  |  Bulle  |  Stormers  |  Sewesrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.