Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Franse bielie-senter dalk na Haaie op pad

Die Haaie se geflikflooiery met Franse rugbyspelers kan moontlik in 2020 hervat word.

Luidens berigte in die Franse media kan die Franse senter Mathieu Bastareaud hom volgende jaar op ’n korttermyn-kontrak by die Haaie aansluit.

Mathieu Bastareaud verlede jaar in ’n kragmeting met die Poemas in aksie. Foto: Getty Images

Rugbyrama.fr berig Bastareaud het ’n klousule in sy kontrak met die Franse rugbyreus Toulon, wat hom toelaat om ’n korttermyn-kontrak met ’n span buite Europa te sluit in die Franse afseisoen.

Volgens dié webtuiste het Bastareaud met Toulon se president, Mourad Boudjellal, gepraat en sy begeerte uitgespreek om hom ná die Wêreldbeker-toernooi later vanjaar in Japan by die Haaie aan te sluit.

Twee Japanse klubs stel glo ook belang in dié groot senter, maar nadat Bastareaud in 2017 twee weke by die Haaie se oefengeriewe deurgebring het waar hy rehabilitasie gedoen het, is dié span sy eerste keuse.

Hy het glo ook ’n goeie verhouding met die Haaie se bedryfshoof, Eduard Coetzee. Daar word ook verneem dat verskeie van die Haaie-spelers sy teenwoordigheid in Durban vreeslik geniet het.

Hy het sy toewyding tot die klub benadruk, maar ook genoem dat hy graag Superrugby wil ervaar.
Mourad Boudjellal

Volgens die berig sal Bastareaud tydens vanjaar se Sesnasies-reeks gesprekke met Toulon voer en daar word verwag dat hy sy kontrak met dié klub, waar hy ook kaptein is, tot 2021 sal verleng. Ná sy moontlike Superrugby-uitstappie sal hy dus na Toulon terugkeer.

“Hy het sy toewyding tot die klub benadruk, maar ook genoem dat hy graag Superrugby wil ervaar. Hy wil dié nuwe ervaring graag ná die Wêreldbeker-toernooi aanpak. Ons sal sake fasiliteer,” het Boudjellal volgens Rugbyrama gesê.

Indien hy hom by die Haaie aansluit, sal hy die vyfde Fransman wees om sy nering by dié span te beoefen.

Thierry Lacroix, Olivier Roumat (1996), Frédéric Michalak (2008 en 2012) en Clément Poitrenaud (2017) het voorheen vir die Haaie gespeel.

Veral Michalak was ’n gunsteling onder Haaie-ondersteuners. Die eksperiment met Poitrenaud het egter skouspelagtig misluk en dié heelagter het weinig speelkans gekry.

Bastareaud (30) het Frankryk reeds in 50 toetse verteenwoordig.

Meer oor:  Toulon  |  Haaie  |  Mathieu Bastareaud  |  Mourad Boudjellal  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.