Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Frizell uit span ná beweringe van aanranding

Die All Black-losvoorspeler Shannon Frizell is deur sy Nieu-Seelandse franchisespan, die Highlanders, weggelaat uit Vrydag se openingswedstryd van die Trans-Tasmaanse rugbyreeks teen die Reds van Australië.

Shannon Frizell, die Highlanders se All Black-flank. Foto: Getty Images

Frizell se weglating kom te midde van ’n polisie-ondersoek na sy beweerde betrokkenheid by ’n aanranding in ’n kuierplek in Dunedin.

Volgens Roger Clark, die Highlanders se uitvoerende hoof, is die ondersoek iets wat die spelers se aandag aftrek, maar is Frizell nie weggelaat om hom te straf nie.

“Ek dink dis belangrik vir ons almal om te onthou dat daar nog net beweringe gemaak is en nog geen klagte (teen Frizell) gelê is nie,” sê Clark.

“Maar die kwessie het die speler en die span se fokus belemmer en daarom het ons, ter wille van die span se beste belang, besluit om Shannon nie dié week te kies nie.”

Die Nieu-Seelandse media het vroeër vandeesweek berig dat Frizell na bewering in Sondagoggend se vroeë ure ’n vrou by ’n kroeg aangerand het. Die polisie is nie na die kroeg ontbied nie en het eers later die dag van die beweringe bewus geraak.

Die 27-jarige Frizell het in 2018 sy debuut as steelkantflank vir die All Blacks gemaak en sedertdien in 13 toetse gespeel.

Volgens Clark het die Highlanders self ook ’n ondersoek gedoen, maar laat hulle die saak nou aan die polisie oor. Clark sê egter hy sal baie verbaas wees as enige klagte teen Frizell gelê word.

Die Highlanders se kultuur is tans in die soeklig in Nieu-Seeland ná ’n rits gebeure van die veld af die afgelope jaar.

Tony Brown, die span se afrigter, het in Maart ses spelers die trekpas gegee nadat hulle die span se gedragskode verbreek het.

Verlede jaar moes die Highlanders ook om verskoning vra nadat van hul spelers ’n wilde partytjie by ’n vakansiewoonstelkompleks in Queenstown gehou het en die polisie deur inwoners ontbied is om hulle tot bedaring te bring. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.