Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Gans: Dít het Bulle horings gegee

Nieu-Seelandse inspirasie en goeie kondisionering en voorbereiding.

Dít was Saterdag, volgens die Bulle-senter Stedman Gans, van die belangrikste bestanddele toe hulle die Haaie op Loftus Versfeld soos ’n orkaan getref het.

Stedman Gans op die oefenveld saam met sy Bulle-spanmaats. Foto: Gallo Images

Die tuisspan was dodelik en klinies op die aanval en was ná ’n halfuur se spel met 35-0 voor.

Kurt-Lee Arendse, linkervleuel van die Bulle, was ’n openbaring en die senterpaar, Gans en Cornal Hendricks, ewe venynig op die aanval.

“Ons wou juis nie lyk of ons verroes is nie, veral nadat die Nieu-Seelandse spanne so goed vertoon het nadat hulle weer begin speel het (in die Aotearoa-reeks).

“Ek dink ons het dit met tye reggekry om skerp te lyk.”

Dit het gehelp dat ons teen ’n vinnige pas kon speel.

Gans, ’n oudleerling van die Hoërskool Waterkloof, sê die gedwonge voorseisoen van ses maande wat die koronavirus meegebring het, was nie nét ’n nadeel nie.

“Ons moes eerstens ons kondisionering regkry en later het ons vaardighede aandag gekry. Toe ons kon begin kontak maak, het ons baie daarop gefokus op ons spel wanneer jy onder druk en moeg is.

“Dit het gehelp dat ons teen ’n vinnige pas kon speel. In die opsig was die Nieu-Seelanders se manier waarop hul die spel benader en met selfvertroue speel, ’n goeie maatstaf vir ons.”

Gans, soos Arendse ’n Blitsbok, sê Jake White, die Bulle se afriger, se plan met hom en Hendricks in die middelveld het vrugte afgewerp.

Stedman Gans lê vroeër vanjaar rieme neer vir die Blitsbokke teen Engeland. Foto: Gallo Images

“Ons albei hou daarvan om gapings te soek en die bal in kontak uit te gee. Dit help dat ons ’n groot pak het, wat ons op die voervoet gesit het.”

Hoewel die Bulle veral voor rustyd goed verdedig het, sê Gans dit is iets wat hy wil verbeter.

“Ek dink nie dit was te sleg nie, maar daar is altyd ruimte vir verbetering. Verdediging is iets wat ’n ou deurgaans aan moet werk.”

Dit moet ná sy belowende vertoning ’n teleurstelling wees dat hy nie by die Groen- of Goud-spanne betrek is vir Saterdag se Bok-proewe op Nuweland nie?

“Nee, nie eintlik nie. Dit was my eerste wedstryd terug (in die vyftienman-formaat) nadat ek verlede jaar net twee wedstryde in die Curriebeker-kompetisie gespeel het.

“Ek het nie verwag om daar te wees nie.”

Buiten Gans en Arendse, was daar ander huidige sewesspelers soos Werner Kok en Muller du Plessis in die Haaie se agterlyn.

Hendricks, Gio Aplon en Tim Agaba het ook voorheen vir die Blitsbokke diens gedoen.

“Ek dink met die rigting waarin die spel beweeg en die pas wat al vinniger raak, sal daar vorentoe al meer sewesspelers by die Springbokke betrek word.”

White het Saterdag gesê die sewesflair in sy agterlyn was ’n groot troefkaart en het Gans en Kurt-Lee geloof vir hulle werketiek en voorgevoel vir die spel.

Meer oor:  Stedman Gans  |  Haaie  |  Bulle  |  Superfan-Wedstryde  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.