Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Teichmann gaan oorvol speler-spens skoonmaak
Gary Teichmann. Foto: Gallo

’n Nuwe kontrakteringstelsel wat geldelik volhoubaar is en steeds prestasie op die speelveld sal verseker, sal Gary Teichmann se grootste uitdaging as die Haaie se nuwe uitvoerende hoof wees.

In Haai-kringe word gevoel dat Teichmann ’n nuwe rigting met die kontraktering van spelers moet inslaan wanneer hy op 2 Augustus in sy nuwe pos begin. Teichmann sal moet besluit of die Haaie minder spelers sal kan kontrakteer om koste te besnoei.

Die Haaie se groep bestaan tans uit ongeveer 70 spelers. Die gevoel bestaan in Durban daar moet minder sogenaamde derdekeuse-spelers gekontrakteer word. Meer kontrakte moet ook verkieslik aan junior talent toegeken word om ’n span met die oog op die toekoms te bou.

’n Onberispelike bron het gister aan Rapport gesê dat Teichmann danksy SuperSport se geldelike hulp van glo R40 miljoen sy termyn op ’n “skoon bladsy” sal kan begin. SuperSport het sy aandeel van 40% in die Haaie vandeesweek met ’n verdere 9% vergroot.

Teichmann het Woensdag, toe die Haaie sy aanstelling amptelik aangekondig het, erken dat ’n yslike uitdaging op hom wag. Hy sal nog tot einde Oktober deur Smit bygestaan word.

“Rugby is nie ’n maklike werk nie en daar wag heelwat uitdagings, maar ons moet seker maak ons oorkom daardie uitdagings.

“John het moeilike tye beleef, maar ek dink hy het goeie werk gedoen. Rugby behoort aan almal en ek sal by John en al die oudspelers kers opsteek,” het Teichmann ná sy aanstelling gesê.

Die 49-jarige Teichmann het beklemtoon dat hy geen oorhaastige besluite sal neem nie.

Van sy ander grootste uitdagings is:

Ná gister se vernedering in Wellington waar die Haaie deur die Hurricanes met 41-0 kis gespeel is, sal die Superspan se afrigtingspan onder die vergrootglas kom.

’n Nuwe besigheidsplan sal beslag moet kry en sy welslae as sakeman sal hier ’n rol moet speel.

Cell C het onlangs sy borgskap vir ’n verdere drie jaar verleng, maar Teichmann sal die Haaie se inkomstestrome móét vermeerder.

Hy en sy bestuurspan sal binnekort moet besluit of die Haaie van Kingspark na die Moses Mabhida-stadion moet skuif. Onderhandelinge met die eThekwini-munisipaliteit is glo al in ’n gevorderde stadium. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.