Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Gatland brei Chiefs van 2020 in Superrugby

Wallis se Nieu-Seelandse afrigter Warren Gatland het ’n kontrak van vier jaar met die Chiefs onderteken en vervang Colin Cooper, wat Donderdag ’n jaar voor die verstryking van sy kontrak onverwags bedank het.

Warren Gatland neem in 2020 die leisels oor by die Chiefs. Foto: Getty Images

Die voormalige Superrugbykampioen het Vrydag bevestig dat Gatland (55) hom ná afloop van die Wêreldbekertoernooi in Japan by die span in Hamilton aansluit.

Gatland, ’n staatmaker vir die provinsiale Waikato-span in die 1980’s, word verlof gegun om die Britse en Ierse Leeus te brei op hul toer na Suid-Afrika in 2021, voordat hy terugkeer na sy Chiefs-rol vir die 2022-seisoen.

“Ek is werklik opgewonde oor die geleentheid om terug te keer huis toe,” het Gatland gesê.

Die Chiefs het in 2018 en 2019 in die kwarteindronde van die Superreeks verloor. Albei kragmetings was naelbyt-wedstryde.

– Reuters

Meer oor:  Warren Gatland  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Superrugby  |  Wêreldbekerrugby  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.