Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Geen heilige koeie vir Pote op Loftus nie

Daar was die afgelope paar dae een of twee op-die-man-af-gesprekke by Loftus Versfeld.

Die trant van die gesprekke was min of meer in die trant van: Jy sal jou sokkies moet optrek om jou plek in die span te behou.

Daar is ’n hele paar Bulle wat op dun ys is by die hoofafrigter, Pote Human. Foto: Gallo Images

Volgens Pote Human, afrigter van die Bulle, was reputasies by die venster uit toe daar om die tafel gaan sit is.

Human sê hy verwag veral meer van sy agterste drie – Warrick Gelant, Cornal Hendricks en Rosko Specman.

Veral Hendricks en Gelant, albei Springbokke, is tot dusver nie op hul beste in die Superreeks nie.

“Ek het ’n lang gesprek met Cornal gehad. Hy weet hy is nie wat hy moet wees nie en hoe belangrik Saterdag vir hom sal wees,” sê Human.

“Dit is die hele agterste drie. Al drie van hulle is spesiale spelers en tot baie meer in staat. Hulle het ook aspirasies en Warrick was in die Springbok-groep (wat verlede jaar die Wêreldbeker gewen het). Ook hy weet hy sal die span meer moet bied. Ons maak staat op hulle.”

Cornal Hendricks is een van ’n klompie Bulle wat aangesê is om sy sokkies op te trek. Foto: Gallo Images

Die Bulle speel Saterdag vir die eerste keer tuis in vanjaar se Superreeks wanneer hulle die Blues pak. Daar is in die Bul-kamp optimisme dat die tuisveldvoordeel deurslaggewend sal wees op Loftus Versfeld. Nog ’n nederlaag en die Bulle se aanslag sal reeds in Februarie op ’n ramp afstuur.

Burger Odendaal, Bul-kaptein, het self al dié seisoen die gramskap van ondersteuners op die hals gehaal. Daar word gemor dat daar ’n gebrek aan kreatiwiteit tussen hom en Morné Steyn in die 10-12-kanaal is.

“Ek vat nie sulke dinge kop toe nie. Ons het die laaste ruk aan verskeie goed gewerk wat ons hopelik die naweek kan regstel,” sê Odendaal.

“Die kreatiwiteit kom as die span in die regte situasie is op die aanval en ons moet verbeter in dié opsig.”

Human verwag intussen dat die Nieu-Seelandse spanne ’n paar verstellings aan hulle spelpatrone sal maak.

Nadat spanne soos die Springbokke, Ierland en Engeland die All Blacks die afgelope seisoen of twee ontwrig het met aggressiewe opskietverdediging, glo Human die Kiwi’s sal ’n teenvoeter hê.

“Ek vermoed hulle sal dalk agter jou skop en met groter afwisseling speel om hul teenstanders aan die raai te hou op die verdediging. Hulle sal iets in die mou voer,” sê hy.

“Ek was tevrede met die wyse waarop ons voorspelers teen die Stormers gespeel het en as ons dit Saterdag kan herhaal, sal ons in ’n goeie posisie wees.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Blues  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.