Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Gelant wil Bulle help gaffel in 2018

Elke seisoen lyk die Bulle min of meer na die ware Jakob op papier, maar die driemalige Superrugby-kampioen het jare laas aan dié verwagtinge voldoen.

Trouens, die span het algaande agteruit geboer en sy vertoning in die reeks in 2017 was die swakste sedert 2003.

Warrick Gelant soos wat Bulle-ondersteuners hom vanjaar sal wil sien: op volle vaart. Foto: Gallo Images

“Ja, almal weet wat gebeur het. Ons het gesukkel verlede jaar, maar ons het ook verlede seisoen ons bron van motivering gemaak,” sê die Bulle se Springbok-heelagter, Warrick Gelant.

Hy was verlede jaar die voorste driedrukker in die Curriebeker-kompetisie en het in November sy internasionale buiging vir die Bokke teen Italië gemaak.

Die onvoorspelbare Gelant kan vanjaar een van die Bulle se troefkaarte wees, maar dan moet daar vir hom geleenthede op die aanval geskep word.

Soos toe Jesse Kriel Saterdag in die opwarmstryd teen die Jaguares vir hom ruimte geskep het. Gelant en ruimte is ’n dodelike kombinasie.

“Dit gaan alles oor jou volgende vertoning. Hoewel ek verlede jaar ’n goeie seisoen gehad het, wil ek graag groter dinge bereik en daar was Saterdag te veel foute waaraan ek moet werk.”

Dit is moeilik om te glo dat hy op 22 as een van die senior spelers in die groep beskou word – ’n teken van die tye in Suid-Afrikaanse rugby.

“Ja, dit is eintlik ondenkbaar. Dit voel soos die ander dag wat ek die jong outjie in die span was en nou is dit Embrose (Papier) en Manie (Libbok) se beurt.

“Dit is my derde jaar in Superrugby, maar ek het nog baie om te leer.”

Gelant voorspel daar is baie om na uit te sien by Loftus Versfeld.

“Ek wil graag deel wees van iets spesiaals by die Bulle en die uitdaging is om eerstens vanjaar beter te wees in Superrugby.

“Ons het baie goed voorberei en ek is baie opgewonde oor die doelwitte wat ons gestel het.”

Die Bulle begin met ’n loslootjie die naweek en hulle eerste hekkie is aanstaande Saterdag die Hurricanes op Loftus.

“Die Hurricanes was in 2016 die kampioen en met ’n speler soos Beauden Barrett in hulle span is dit ’n groot toets vir ons.

“Ons kry vroeg die kans om te wys ons is ’n beter span vanjaar. Dit gaan beslis nie maklik wees nie.”

Meer oor:  Warrick Gelant  |  Bulle  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.