Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
G'n Beauden of Ardie, maar ’Canes gedug

Geen Beauden Barrett of Ardie Savea nie.

’n Superrugby-wedstryd teen die Hurricanes bied vir die eerste keer in ’n klompie seisoene rede tot ’n sug van verligting.

Barrett, wat as een van die voorste losskakels ter wêreld gereken word, het hom by die Blues aangesluit, terwyl Savea, ’n losvoorspeler van wêreldgehalte, van ’n knieoperasie herstel.

Kyk jy egter na die res van hierdie Nieu-Seelandse span se groep, kom jy vinnig tot die besef dat die Stormers steeds baie diep gaan moet delf om hulle op Nuweland te kan verslaan.

Fletcher Smith tel onder die losskakels wat die leemte gaan moet vul wat Beauden Barrett by die Hurricanes gelaat het. Foto: Getty Images

Slegs die Crusaders en Chiefs is volgens beroepswedders sterker aanspraakmakers op die titel as die Hurricanes. Op hul beurt is die Stormers tiende uit die 15 spanne.

Om dit verder te voer, meen beroepswedders die Hurricanes is net-net die gunsteling vir Saterdag se wedstryd.

Vir John Dobson, die Stormers se nuwe afrigter, is dit sommer vroeg al ’n groot toets.

Sy rekord op laer vlakke bied rede tot versigtige optimisme en hy word veral geken aan sy vermoë om ’n positiewe omgewing vir spelers te skep. Maar hy saal hom ’n baie wilder perd op in die Superreeks en het nie ’n ervare bestuurspan om sy lewe te vergemaklik nie.

Die Hurricanes het in Jason Holland ook ’n nuwe afrigter nadat John Plumtree by die All Blacks betrek is.

Holland se grootste uitdaging is om die gaping te vul wat deur Barrett se vertrek gelaat is. Dit gaan baie van die losskakels in sy groep – Jackson Garden-Bachop en Fletcher Smith – verg om die toutjies só effektief op die aanval te trek.

Dobson sal staatmaak op sy Springbok-belaaide pak voorspelers en die Hurricanes meen hulle weet wat kom.

“Ons verwag dat hierdie ’n uiters fisieke wedstryd gaan wees,” sê Holland in ’n nuusverklaring op die Hurricanes se webtuiste.

“Ons weet die Stormers gaan met selfvertroue opdraf, maar ons het ook ’n goeie span en is gereed vir wat kom.”

Die Hurricanes se toergroep is:

Voorspelers: Fraser Armstrong, Tyrel Lomax, Tevita Mafileo, Pouri Rakete-Stones, Alex Fidow, Ricky Riccitelli, Asafo Aumua, James Blackwell, Isaia Walker-Leawere, Scott Scrafton, Du’Plessis Kirifi, Gareth Evans, Vaea Fifita, Devan Flanders, Reed Prinsep. Agterspelers: TJ Perenara, Jamie Booth, Jackson Garden-Bachop, Fletcher Smith, Ngani Laumape, Billy Proctor, Vince Aso, Peter Umaga-Jensen, Wes Goosen, Ben Lam, Chase Tiatia, Jordie Barrett.

Meer oor:  John Dobson  |  Ardie Savea  |  Beauden Barrett  |  Kaapstad  |  Nieu-Seeland  |  Rugby  |  Hurricanes  |  Superrugby  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.