Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Groot Rob kan klein Rob uit span ‘drop’

Die nr. 10-trui gaan nie Robert du Preez se vaste eiendom wees op die Haaie se toer van drie wedstryde in Australasië nie.

Du Preez is die laaste twee seisoene die Haaie se voorkeur-losskakel en sy pa, Robert du Preez sr., het hom vir elke Superrugby-wedstryd waarvoor hy fiks was in dié tydperk, as generaal ingespan.

Dít terwyl die jong Curwin Bosch moes sweet vir speelkans. Du Preez jr. se spelpeil is tans bedenklik en die Haaie se breier, Du Preez sr., gaan hom binnekort ’n blaaskans gee.

Robert du Preez kan een of ander tyd ’n blaaskans kry. Foto: Gallo Images

“Ja, beslis,” het Du Preez sr. Dinsdag geantwoord toe hy gevra is of sy seun een van die spelers is wat hy beoog om op toer te roteer.

“Ons roteer spelers wat in baie van die wedstryde gespeel het. Daar is ’n paar ander spelers wat ook bykans elke minuut gespeel het.

“Hulle sal bestuur word by die oefeninge en wat wedstrydtyd betref.

“Ons het ’n groep van 27 spelers hier. Ons sal spelers roteer en seker maak elke lid van die groep voel hy het ’n bydrae om te lewer.”

Tog wil Du Preez ’n sterk span kies vir Saterdag se wedstryd teen die Waratahs in Sydney.

Die beseerde Tyler Paul en Ruan Botha is weer beskikbaar, terwyl die geskorste Akker van der Merwe ook weer kan speel.

“Dit is fantasties. Ons gaan ’n baie sterk span kan aankondig,” sê Du Preez.

Ons sal spelers roteer en seker maak elke lid van die groep voel hy het ’n bydrae om te lewer.
Robert du Preez

Die Haaie het die afgelope Vrydag hul vierde wedstryd vanjaar op Kingspark verloor toe die Reds hulle met 21-14 getroef het.

Du Preez glo die span kan op toer weer op koers kom.

“Ons het nie goed gevaar in ons tuiswedstryde nie en dit is ’n teleurstelling vir ons almal. Dit maak alles moeiliker,” sê hy.

“Dit is altyd goed om op toer te gaan, want ons is elke dag in mekaar se geselskap. Dit sal ons goed te staan kom.”

Haaie se toergroep: Agterspelers: André Esterhuizen, Aphelele Fassi, Cameron Wright, Curwin Bosch, Kobus van Wyk, Louis Schreuder (k), Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Marius Louw, Robert du Preez, Sbu Nkosi. Voorspelers: Akker van der Merwe, Coenie Oosthuizen, Dan du Preez, Hyron Andrews, Jacques Vermeulen, Jean-Luc du Preez, John-Hubert Meyer, Kerron van Vuuren, Luke Stringer, Mzamo Majola, Philip van der Walt, Ruan Botha, Ruben van Heerden, Beast Mtawarira, Thomas du Toit, Tyler Paul.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.