Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Am terug, Mvovo neem Mapimpi se plek

Die Haaie het verskeie veranderinge aan hul beginspan gemaak vir Saterdag se laaste toerwedstryd teen die Reds in Brisbane.

Lukhanyo Am vroeër op die Haaie se toer teen die Hurricanes in aksie. Hy is Saterdag terug as die Haaie se kaptein vir die stryd teen die Reds in Brisbane. Foto: Getty Images

Lukhanyo Am keer ná ’n kort blaaskans terug as senter en kaptein in die plek van Jeremy Ward, terwyl Louis Schreuder ook weer as skrumskakel oorneem by Sanele Nohamba.

Voorlangs is daar twee nuwe flanke, Henco Venter en Dylan Richardson, wat eintlik meestal as haker gebruik word.

Dit beteken James Venter en Tyler Paul kry ruskans.

Die gevaarlike Springbok-vleuel Makazole Mapimpi kry ook ruskans en word deur nog ’n Bok, Lwazi Mvovo, in die nr. 11-trui vervang.

* Haaie: Aphalele Fassi, Madosh Tambwe, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Curwin Bosch, Louis Schreuder, Sikhumbuzo Notshe, Henco Venter, Dylan Richardson, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Pepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Marius Louw, Jeremy Ward.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Reds  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.