Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
‘Haaie gaan nie weer só sleg wees’

Die Blou Bulle het die Stormers ’n onguns bewys deur die Haaie die afgelope naweek met 40-10 in hul Superrugby-wedstryd in Durban af te stof.

Dit is die mening van die Stormers-hulpafrigter, Paul Feeney, wat meen die wedstryd is nie ’n akkurate weerspieëling van hoe goed die Haaie werklik is nie.

Die Stormers se Nieu-Seelandse hulpafrigter, Paul Feeney, staan die media Maandag in Bellville te woord. Foto: Gallo Images

“Ons lees uiteraard nie veel daarin nie. Die Haaie sal teleurgesteld wees in daardie vertoning. Hul afrigter sou hard gepraat het en hulle gaan waarskynlik harder as gewoonlik oefen. Daardie uitslag was nie goed vir ons nie,” sê Feeney.

’n Mens hoef net na die Haaie se onlangse vertonings in Nieu-Seeland te kyk om te besef dat Feeney in die kol is. Hulle het die Blues met 63-40 in Auckland verniel en hul wedstryd teen die Hurricanes in die doodsnikke met 37-38 verloor.

Die Stormers het in elk geval genoeg probleme voordat hulle daarby kan uitkom om ander se swak plekke uit te wys. Vir die Kapenaars was die afgelope naweek se loslootjie ’n yslike verligting ná nederlae teen die Bulle en Leeus.

“Ons is teleurgesteld oor ons laaste twee vertonings. Daar is baie klein dingetjies waaraan ons gewerk het ná die wedstryd teen die Leeus. Ons werk hard om dinge dié week reg te stel,” sê Feeney.

’n Gros spelers oefen vandeesweek weer voluit nadat hulle op die krukkelys was, maar heel moontlik sal daar eers van die meeste van hulle verwag word om wedstrydfiks te raak by die Westelike Provinsie. Die WP speel Sondag in Port Elizabeth in ’n SuperSport-uitdaagwedstryd teen die Oostelike Provinsie.

Volgens Feeney is Jean-Luc du Plessis (losskakel), JJ Engelbrecht (senter-vleuel), Dan Kriel (senter), Dewaldt Duvenage (skrumskakel) en Frans Malherbe (vaskopstut) weer fiks.

Die Kapenaars is nog onseker oor die flank Cobus Wiese, wat sy dyspier in hul voorlaaste wedstryd teen die Bulle beseer het.

Terwyl Feeney meen Saterdag se wedstryd is ’n uiters belangrike een, glo hy nie als sal noodwendig vir die Stormers verlore wees indien hulle verloor nie. Hulle is tans 12 ligapunte agter die Leeus in die Suid-Afrikaanse groep. Die wenner kwalifiseer outomaties vir ’n kwarteindstryd op sy tuisveld.

“Ons het agt wedstryde oor. As ons nie hierdie een wen nie, sal ons die lewe vir onsself moeilik maak. Hou in gedagte dat ses van die Leeus se agt wedstryde tot dusver op hul tuisveld was. Ons het nog net drie tuiswedstryde gespeel en daar is ook wegwedstryde teen die Sunwolves en Jaguares wat op ons wag,” sê hy.

“Die Leeus toer nou en ons sal sien hoe dit gaan. Vir ons is dit belangrik om nou te wen, maar as ons verloor en die sewe oorblywende wedstryde daarna wen, behoort ons steeds onder die aanspraakmakers te wees.”

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Stormers  |  Superrugby  |  Paul Feeney
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.