Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie haasbek sonder ervare kern
Hoewel die Haaie se seisoen in ’n groot teleurstelling geëindig het, sê hul afrigter, Robert du Preez, dat daar nie vinger gewys kan word na die spelers se toewyding en werketiek nie. Foto: Getty Images

Robert du Preez, die hoofafrigter van die Haaie se rugbyspan, het sy span se nederlaag met 13-38 die afgelope Saterdag in Canberra teen die Brumbies as “teleurstellend” beskryf, maar het terselfdertyd lof vir sy spelers gehad.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat die Haaie se ligte in die kwarteindronde van die Superreeks afgesny word.

Tog het Du Preez gesê hy is trots op sy spelers en veral op hul werketiek deur die seisoen.

“Ek kan nie fout daarmee vind nie. Die spelers was toegewyd en hulle het baie hard gewerk. Ons het verskeie jong spelers deurgebring en ek glo ons het nie altyd die beloning gekry vir die harde werk wat ingesit is nie,” het hy gesê.

“Daar was ook ’n handvol van ons gereelde spelers nie beskikbaar vir hierdie wedstryd nie. Dit het ’n verskil gemaak,” het Du Preez gesê van die afwesigheid van Beast Mtawarira, Akker van der Merwe, Ruan Botha, Jean-Luc du Preez en Philip van der Walt.

Veral teleurstellend is dat ons verdediging juis een van ons sterkpunte deur die seisoen was en dit het ons in die steek gelaat.
Robert du Preez

Boonop het sy beste voorspeler, Daniel Du Preez, asook Tyler Paul die veld sommer in die eerste kwartier met beserings verlaat en was dit ’n erg uitgedunde agttal waarmee daar diens gedoen moes word.

Ondanks dit was die slag al byna geslaan toe dié twee vervang moes word. Teen daardie tyd het die Brumbies reeds twee drieë gedruk en ’n stewige buffer opgebou.

“Ja, dit was ’n kwaai slag dat ons hulle toegelaat het om drie keer teen ons te druk in die eerste helfte. Veral teleurstellend is dat ons verdediging juis een van ons sterkpunte deur die seisoen was en dit het ons in die steek gelaat,” sê Du Preez.

Hy het die wenspan geloof as een wat goed gedril is en volgens hom is dit opmerklik hoe goed afgerig die Brumbies is.

Wanneer dit by media-konferensies kom is Du Preez nie die spraaksaamste en gemoedelikste afrigter in wêreldrugby nie en kan glad nie daarvan beskuldig word dat hy ’n babbelkous is oor die ontleding van wedstryde nie, maar hy het darem aan die Aussie-joernaliste gesê wat hulle wou hoor: “Ek glo die Brumbies kan Argentinië toe gaan en daar wen. Volgens my is die Jaguares nie onoorwinlik nie.”

Dit sal egter ’n geval wees van sien is glo wat die Brumbies se wenkans betref in wat baie moeilike toestande vir die besoekers gaan wees.

Meer oor:  Canberra  |  Haaie  |  Brumbies  |  Robert Du Preez  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.