Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Haaie het visier op 3 uit 4 Doer Onder

Drie seges uit vier wedstryde in Australasië sal vir die Haaie ’n groot pluimpie wees.

James O’Connor se insluiting op losskakel het die Reds se aanvallende potensiaal help ontsluit. Foto: Getty Images

Daarom is hulle oorgehaal om hul maand lange toer Doer Onder af te sluit met ’n sege Saterdag oor die Reds.

Gebeur dít, sal die nederlaag teen die Hurricanes die Haaie se enigste blaps wees, nadat hulle met die Rebels en die Highlanders klaargespeel het.

“Selfs om net twee van jou vier wedstryde te wen in Australasië is al ’n groot regmerk, maar ons wil dit nou graag drie uit vier maak. Dit sal uitsonderlik wees,” sê dié span se afrigter, Sean Everitt.

Hy glo ook ’n sege in Brisbane oor die Reds, wat vanjaar self goeie rekenskap van hulself gee, sal verseker dat die Haaie met hul terugkeer-wedstryd in Durban teen die Jaguares ’n groot skare sal hê om hulle te ondersteun.

Sean Everitt, die Haaie se hoofafrigter, hoop Kingspark sal vol wees wanneer die Haaie terugkeer na Durban. Foto: Gallo Images

“Dit is ons mikpunt om ons ondersteuners tevrede te stel en so te motiveer om ons stadion op Kingspark vol te pak,” sê hy.

Tog beskou Everitt die Reds as ’n baie gevaarlike span, wat stelselmatig gegroei het onder hul voormalige All Black-hardekwasslot Brad Thorn, wat nou die afrigter is.

“Hulle het ’n stewige vaste vyf en hulle skrum ook baie goed. Hulle is die soort span wat jou baie probleme kan besorg.

“Die tien drieë wat hulle in hul vorige wedstryd teen die Sunwolves gedruk het, vertel jou ook die verhaal hoe aanvallend hulle kan wees.

“Met James O’Connor op losskakel, floreer hulle. Dan is daar ook Henry Speight met sy krag en vaart op vleuel.

“Hulle maak omtrent ’n oorlas van hulself op die aanval en ons verdediging sal baie stewig moet wees.

“Ons is egter ook ’n span wat met baie energie speel en daardie entoesiasme is aansteeklik. Ons sien dit as ’n groot uitdaging en sal alles in die stryd werp om Brisbane met ’n oorwinning te verlaat,” sê Everitt.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Reds  |  Haaie  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.